Logo

Chilli con carne

4 persone

Braai

5

Brandrissie con carne werk ewe lekker as ‘n ontbyt, laat-ontbyt, middagete of aandete.

CHILLI CON CARNE – Jan Braai
Bestanddele

2 sopies Olyfolie

2 Uie fyngekap

4 huisies Knoffel fyngekap

1 Rooi soetrissie pitte en stingels uitgehaal, dan opgekap

500 g Maer beesmaalvleis

1 Wortel gerasper

1 teelepel Paprikapoeier

1 teelepel Gemaalde komyn

1 teelepel Brandrissiepoeier / rooipeper

1 teelepel Gemaalde koljander

2 blikke Opgekapte tamaties

50 g Tamatiepasta

1 blik Borloti-bone water afgegooi en onder koue water afgespoel

1 blik Kekerertjies water afgegooi en onder koue water afgespoel

1 sopie Asyn

1/2 sopie Suiker

1/2 sopie Sout

1 teelepel Swartpeper

1 koppie Suurroom om mee te bedien

Vars koljander om mee te bedien

Metode
  1. Verhit die potjie op ‘n warm vuur. Sit die uie, knoffel en soetrissie in die potjie en braai vir 5 tot 10 minute totdat die uie sag is en begin bruin raak aan die kante.
  2. Voeg die maalvleis by, roer en breek enige klonte met ‘n houtlepel. Braai vir omtrent 10 minute totdat die beesvleis onder aan die pot begin ‘haak’. Wees versigtig vir aanbrand.
  3. Voeg die wortel, paprikapoeier, komyn, brandrissiepoeier en koljander by en roer deeglik.
  4. Gooi nou die tamaties, tamatiepasta, bone, kekerertjies, asyn, suiker, sout en peper by en roer deeglik.
  5. Kry die mengsel aan die borrel en laat dit vir omtrent 15 minute prut. Roer elke nou en dan om te keer dat die pot onder aanbrand.
  6. Haal van die vuur af en bedien met ‘n leksel suurroom en ‘n paar vars koljanderblare. Anders kan jy die potjie van die vuur afhaal, dit iewers met die deksel op laat rus, en na ‘n paar ure opwarm voor jy opskep.
MACARONI EN KAAS BRAAIBROODJIE – Jan braai
Poster 320x480
Sub Titel

Macaroni-en-kaasbraaibroodjie

Gewildste Resepte