Logo

Plat hoender met Jan Braai Peri Peri Sous

31 Julie

2 – 4 persone

Braai

4

‘n Plathoender is alom bekend as ‘butterflied chicken’, ‘flat chicken’ of sommer net ‘flattie’.

Episode 5 Hoender
Bestanddele

1 heel Hoender

Jan Braai Peri Peri sous

Metode

HOE OM ‘N HOENDER PLAT TE KRY

  1. Haal die hoender uit sy verpakking en kyk in die karkas se holte of die binnegoed nog daar is. Indien wel, haal dit uit en gooi weg as jy nie ‘n ander gebruik daarvoor het nie.
  2. Sit die hoender op ‘n snyplank, bors na onder. Vat nou ‘n skerp vleismes, koksmes of skêr en verwyder die ruggraat deur aan albei kante langs die lengte af te sny. Die ruggraat sit presies waar jy dink hy sit – ‘n strook in die middel van die hoender se rug.
  3. Met die ruggraat uit die pad is die hoender nou oop, maar nog nie plat nie. Draai hom om, sodat die kloof wat jy nou net uitgekerf het, plank se kant toe wys en die borsies boontoe. Druk elke duim (soos wanneer iemand jou vingerafdrukke neem) teen ‘n borsie vas en omsluit die hoender aan albei kante met jou ander vingers, breek hom oop en druk hom plat met jou handpalms en liggaamsgewig.
  4. Sny al die los vet en vel af waarvan jy nie hou nie.
  5. Laastens, sit druk op die dik dele van die twee hoenderborsies om die vleis na die dunner dele van die borsies te versprei. Nou lê die vleis meer eweredig in die borsholte.

HOE OM ‘N PLAT HOENDER TE BRAAI

  1. Kry die hoender plat soos hierbo beskryf.
  2. Gooi die honder met sout.
  3. Braai oor matige hitte, draai gereeld, vir 39 minute totdat die hoender se dikste dele ‘n binnetemperatuur van verby 74°C het maar ek verkies hoender verby 80. Die braaityd van 39minute is natuurlik ‘n skatting, maar is gewoonlik nogal akkuraat. Ek braai soms plathoender op ‘n oop rooster en ander kere in ‘n toeklaprooster, maak maar nes jy lus het.
  4. In die tweede helfte van die braaityd kan jy die hoender verf met die sous wat jy gekies het.
  5. As jy met oorskiet-marinade verf, moet dit nooit in die laaste 5minute van die braaityd doen nie, anders bederf jy jou hoender met rou hoendersap.
Episode 4 Kerrielamsosaties
Poster 320x480
Sub Titel

Kerrielamsosaties

Gewildste Resepte