Logo

Kerrielamsosaties

10 porsies

Braai

3

Dié sosaties lyk, ruik en smaak uitstekend en tog kan enigeen hulle maak.

Episode 4 Kerrielamsosaties
Bestanddele

2 kg Lamsvleis ontbeen en in blokkies gesny

2 sopies Olie

2 Uie gekap

3 huisies Knoffel gekneus

Gemmer (in volume net soveel as die knoffel) geskil en gerasper

2 sopies Kerriepoeier

1/2 sopie Borrie

2 koppies Bruinasyn

450 g Appelkooskonfyt

1/2 sopie Sout

4 – 8 Vars Lourierblare geskeur

Gedroogde appelkose opsioneel

10 Sosatiestokkies

Toeklaprooster

Metode
  1. Braai die uie in die olie vir omtrent 4 minute totdat hulle sag en goudgeel is, maar nie bruin nie.
  2. Voeg die knoffel, gemmer, kerriepoeier en borrie by en braai vir nog 2 minute.
  3. Meng die asyn, konfyt en sout by en verhit tot kookpunt.
  4. Haal die pot van die hitte af en laat die marinade afoel tot kamertemperatuur. Dit neem ‘n paar ure.
  5. Berei die die vleis voor: Ontbeen die lamsvleis en verwyder al die silwer vel en senings. Sny dan die vleis in blokkies van sowat 3cm by 3cm, maar onthou dat dit nie ‘n eksakte wetenskap is nie. Jy kan altyd jou slagter vra om 2kg vleis so vir jou voor te berei.
  6. Plaas die blokkies vleis in ‘n marineerbak. Voeg die geskeurde lourierblare by en giet die afgekoelde marinade oor die vleis. Meng goed – maak seker al die vleis is mooi bedek met marinade. Maak die bak toe en sit in die yskas.
  7. Marineer vir minstens 12 ure, maar 2 of 3 dae is beter. Roer die vleis elke 8 tot 12 ure terwyl dit marineer.
  8. Ryg die vleis op die sosatiepenne terwyl die vuur brand. As jy lus het, kan jy ook gedroogde appelkose en stukkies uie en soetrissie tussen die blokkies vleis inryg.
  9. Braai vir omtrent 10 minute oor warm kole, draai ‘n paar keer. Die maklikste manier is om al die sosaties in ‘n toeklaprooster vas te knyp.

    EN... Die sous neem ‘n paar ure om af te koel tot kamertemperatuur. As jy ‘n kantoorwerk het, is dit raadsaam om die sous in die aand te maak, dit oornag te laat afoel en dit dan die volgende oggend oor die vleis te gooi.
Episode 3   Jan Braai Beesstertpotjie
Poster 320x480
Sub Titel

Beestertpotjie

Gewildste Resepte