Logo

Beestertpotjie

17 Julie

4 porsies

Braai

4

Hierdie is n kortpad na die wenpad! Die stappe is baie eenvoudig, volg dit net so en jy sal n feesmaaal he! Die sous sal binnekort beskikbaar wees in Supermarkte!

Episode 3   Jan Braai Beesstertpotjie
Bestanddele

1.2 kg Beesstert

Sout

Peper

2 sopies Olyfolie

1 Ui gekap

250 g Sampioene

1 sakkie Jan Braai Beesstert Potjiesous

Metode
  1. Gooi sout en peper oor die beesstert en  maak seker dit is aan alle kante goed gespesery.
  2. Gooi die olie in jou potjie en dit dit op warm kole en n paar vlamme sodat die potjie goed warm kan word.
  3. Braai die vleis in die warm potjie vir so 8 - 10 minute. Moet nie te veel roer nie, die potjie moet baie warm wees en die vleis moet lekker bruik raak en karameliseer, nie stoom nie.
  4. Voeg nou die uie en sampioene by en moet nie roer nie.
  5. Voeg die Jan Braai Beesstert sous by, moet nog steeds nie roer nie en sit die deksel op die potjie
  6. Laat dit nou rustig prut oor medium kole. Na so uur, lig die deksel op en gebruik jou houtlepel om diep onder die pot dinge los te wikkel sonder om te veel te roer..
  7. Na 4 ure van rustig kook, kyk na die sous, en as dit nog bietjie dikker moet kook laat dit prut sonder die deksel vir 30 minute tot 1 uur.
  8. Die potjie is reg as die beestert sag gekook en en maklik van die bene afkom. Bedien saam met aartappels of rys.
Episode 2 Mosbolletjies 2
Poster 320x480
Sub Titel

Mosbolletjies met botter

Gewildste Resepte