Logo

Mosbolletjies met botter

Braai

4

Tydens die opname van die episode het ek en die ontspan na n wynplaas in die omliggende area gery om wingerdstompies te kry vir deel van ons toetse vir verskillende houtsoorte.

Episode 2 Mosbolletjies 2
Bestanddele

1 kg Witbrood- of koekmeel

1/2 koppie Suiker

20 g Kitsgis

1 sopie Anys

1 sopie Sout

1 koppie Druiwesap

1 koppie Water

1/2 koppie Melk

250 g Gesoute botter

Metode
  1. Gooi die meel, suiker, gis, anys en sout in ’n bak en meng deeglik.
  2. Verhit die druiwesap, water, melk en botter saam in ’n pot of pan en roer. Dit hoef nie te kook nie, maar moet net lekker warm raak. Soos die water van ’n lekker warm stort.
  3. Gooi nou die warm vloeistof by die droë bestanddele en meng die spulletjie deur.
  4. Was jou hande en knie die deeg vir so 10 minute totdat die deeg vir jou mooi glad en elasties lyk.
  5. Sit ’n klam vadoek oor die deeg en laat dit ontspan vir 30 minute.
  6. Ná 30 minute behoort die deeg klaar te gerys het. Nou knie jy die deeg vir nog 5 minute. Die tweede keer se kniewerk is kenmerkend van mosbolletjies. Jy kan dit uitlos, maar dan kroek jy. So doen dit eerder deeglik (ja, dis ’n deeggrappie).
  7. Sodra jy daarmee klaar is, rol die deeg met jou hande in klein balletjies, iewers tussen die grootte van gholfballe en tennisballe. Pak die mosbolletjies lekker styf teen mekaar in jou nommer 10-platboompotjie, wat jy teen dié tyd ook behoorlik met botter gesmeer het.
  8. Sit die deksel op die potjie en laat die mosbolletjies vir so 20 minute in ’n veilige, aangename en warm kolletjie langs jou vuur rys.
  9. Sodra hulle dubbel so groot is, bak jy hulle rustig oor medium-warm kole vir 50-60 minute. Jy wil die potjie op ’n staander hê met ’n klompie kole onder hom. Pak ook ’n paar kole op die deksel sodat hy genoeg hitte van alle kante kry. Jou mosbolletjies is reg wanneer jy ’n sosatiepen of ’n mes insteek en die pen of lem nog skoon is wanneer jy hom uittrek.
  10. Bedien jou mosbolletjies met ’n ordentlike leksel botter.
Epiosde 1   Visbraai
Poster 320x480
Sub Titel

Hoe om ’n heel vis te braai, oop

Gewildste Resepte