Logo

Mosterd- en kappertjiesaadburger

12 Desember

4 persone

Braai

4

Soos gesien in 'n episode van Jan Braai

Episode 24   Mustard and Caper Burger
Bestanddele

Vir die burgers:

500 g Maer beesmaalvleis

4 Burgerrolletjies

Botter / Olyfolie

Slaaiblare

2 Tamaties gesny

1 Ui gesny

Vir die mosterdsous:

1 sopie Botter

1 sopie Koekmeel

1/2 koppie Witwyn

1/2 koppie Melk

2 sopies Dijon-mosterd

2 sopies Korrelmosterd

1 sopie Kappertjiesaad

Sout & Peper

Metode
  1. Vorm die 500 g maalvleis in vier ewe groot 100%-bees patties. Egte beesvleis bind perfek saam vir ’n lekker pattie - moenie enigiets soos uie, broodkrummels, eier, speserye, sout of peper byvoeg nie. Jou twee skoon hande is heeltemal in staat om burgerpatties uit maalvleis te maak, maar ’n burgerpers maak die taak nóg makliker.
  2. Maak die sous: In ’n pan of pot, smelt jy die botter en gooi dan die meel by. Meng die twee met mening en soos wat dit ’n dik smeer vorm, begin jy die wyn bygooi. Hou aan om ordentlik te roer totdat al die wyn in is. Gooi nou die melk bietjie vir bietjie by en hou aan met roer. Sodra al die melk deel van die mengsel is, gooi jy die mosterd en kappertjiesaad by en roer. Proe die sous en gooi sout en peper by na smaak. Wat jy nou wil hê, is dat die mengsel rustig prut terwyl jy die burgerpatties braai, en tot jy tevrede is dat die sous dik genoeg is.
  3. Braai die burgerpatties in ’n rooster op baie warm kole. Mik vir 8 minute se braaityd altesame en draai net een keer. Om te keer dat die burgerpatties aan jou rooster vasklou kan jy ’n kombinasie van die volgende taktiek gebruik: Gebruik ’n rooster met dikker stafies; spuit die rooster vooraf met kleefvrye spuitgoed; pak die patties sagkens uit op die rooster sodat jy hulle nie deur die stafies druk nie; braai oor baie warm kole sodat die patties seël voordat hulle in die rooster insak; wikkel ’n bietjie aan die patties met jou braaitang of ’n spatel sodra hulle begin braai en seël sodat die effens-gebraaide vleis (en nie die rou vleis nie) met die rooster kontak maak. Namate die vleis gaarder raak, sal dit natuurlik van die rooster begin losraak. Nou draai jy net die patties een keer, en doen dit versigtig.
  4. Botter of olie die binnekante van die oopgesnyde rolletjies en gee hulle hitte op die rooster, maar wees versigtig dat jy hulle nie te rof rooster nie (ons bly weg van die woord brand).
  5. Bou die burger: Rolletjie, slaaiblaar, tamatie, uie, burgerpattie, mosterdsous, rolletjie.
Episode 23   Chicken feta sundried tomato burgers
Jan Braai
Sub Titel

Hoender-, feta- en songedroogde tamatie-burgers

Gewildste Resepte