Logo

Hoender-, feta- en songedroogde tamatie-burgers

05 Desember

4 persone

Braai

4

Soos gesien in 'n episode van Jan Braai

Episode 23   Chicken feta sundried tomato burgers
Bestanddele

4 Hoenderborsies

4 Burgerrolletjies

250 g Songedroogde tamaties

2 skywe Feta

Sout & Peper

Olyfolie

Vars basiliekruid / roketblare

Foelie

Metode
  1. Haal die songedroogde tamaties uit die vloeistof, maar hou die marinade of soutwateroplossing eenkant vir die laaste stap om die burger daarmee te bedruip.
  2. Sny die hoenderborsies, feta en songedroogde tamaties in stukkies op.
  3. Meng alles saam in 'n bak met sout en peper en 'n bietjie olyfolie, net genoeg om die bestanddele lekker aan mekaar te laat vasklou.
  4. Verdeel die mengsel in vier dele en maak van elkeen ’n burgerpattie met jou skoon hande of ’n burgerpers.
  5. Voer 'n toeklaprooster met 'n blad foelie uit en smeer die foelie met vier kolle olyfolie. Plaas die burgerpatties op dié vier kolle en begin braai. Die gevaar dat die patties sal brand, is gering danksy die foelie, so hitte is nie jou vyand nie en jy kan op warm of baie warm kole braai.
  6. Sit nog 'n blad ge-oliede foelie bo-op die burgerpatties, knyp die rooster toe en draai hom om. Hou aan braai totdat die patties ferm is. Verwyder nou die foelie en braai nog een keer op elke kant om die patties lekker bruin te kry.
  7. Olie die binnekante van die oopgesnyde rolletjies en gee hulle hitte op die rooster, maar wees versigtig dat jy hulle nie te rof rooster nie (ons bly weg van die woord brand).
  8. Bou die burger: Rolletjie, basiliekruid- of roketblare, pattie; bedruip dan met die songedroogde tamaties se sous uit stap 1, en sit die ander helfte van die rolletjie bo-op.
Episode 22   Mushroom   Bloukaas Burger
Jan Braai
Sub Titel

Sampioen- en Bloukaasburger

Gewildste Resepte