Logo

Sampioen- en Bloukaasburger

28 November

4 persone

Braai

4

'n Blou-affêre

Episode 22   Mushroom   Bloukaas Burger
Bestanddele

Vir die burgers:

500 g Maer beesmaalvleis

4 Burgerrolletjies

Olyfolie

1 Tamatie in skywe gesny

Slaaiblare

Vir die sous:

250 g Bruin sampioene

250 g Knopie sampioene

1 Ui gekap

2 huisies Knoffel gekneus en gekap

250 g Roomkaas

250 ml Room

100 g Bloukaas

Sout & Peper

Metode
  1. Vorm die 500 g maalvleis in vier ewe groot 100%-bees patties. Egte beesvleis bind perfek saam vir ’n lekker pattie - moenie enigiets soos uie, broodkrummels, eier, speserye, sout of peper byvoeg nie. Jou twee skoon hande is heeltemal in staat om burgerpatties uit maalvleis te maak, maar ’n burgerpers maak die taak nóg makliker.
  2. Kap al die sampioene op en verhit olie in jou pan of potjie. Roerbraai die uie tot sag en gooi dan die knoffel en sampioene by. Braai so saam totdat die sampioene gaar is en al hul oortollige vog uitgeskei en daardie vloeistof al begin wegkook het.
  3. Gooi nou die roomkaas en room by, meng dit in en laat prut op lae hitte vir paar minute tot die sous lekker dik is. Proe die sous en voeg ook sout en peper na smaak by. Krummel die bloukaas by die sous en roer deur.
  4. Braai die burgerpatties in ’n rooster op baie warm kole. Mik vir 8 minute se braaityd altesame en draai net een keer. Om te keer dat die burgerpatties aan jou rooster vasklou kan jy ’n kombinasie van die volgende taktiek gebruik: Gebruik ’n rooster met dikker stafies; spuit die rooster vooraf met kleefvrye spuitgoed; pak die patties sagkens uit op die rooster sodat jy hulle nie deur die stafies druk nie; braai oor baie warm kole sodat die patties seël voordat hulle in die rooster insak; wikkel ’n bietjie aan die patties met jou braaitang of ’n spatel sodra hulle begin braai en seël sodat die effens-gebraaide vleis (en nie die rou vleis nie) met die rooster kontak maak. Namate die vleis gaarder raak, sal dit natuurlik van die rooster begin losraak. Nou draai jy net die patties een keer, en doen dit versigtig.
  5. Olie die binnekante van die oopgesnyde rolletjies en gee hulle hitte op die rooster, maar wees versigtig dat jy hulle nie te rof rooster nie (ons bly liefs weg van die woord brand).
  6. Bou die burger: Rolletjie, slaaiblaar, tamatie, pattie, sampioensous, rolletjie.
Episode 21   Malva en sjokelade braaibroodjie
Jan Braai
Sub Titel

Malvalekker-en-sjokoladebraaibroodjie

Gewildste Resepte