Logo

Macaroni-en-kaasbraaibroodjie

20 November

6 porsies

Braai

3

Die Macaroni-en-kaasbraaibroodjie is iets glorieryk wat jy self moet beleef!

MACARONI EN KAAS BRAAIBROODJIE – Jan braai
Bestanddele

12 snye Brood

Botter

250 g Macaroni

3 L Water met sout in

1 sopie Witbrood- of koekmeel

1 koppie Melk

240 g Cheddarkaas gerasper

1 teelepel Dijon-mosterd

1 sout Sout

1 sout Swartpeper

Metode
  1. Gooi 3 liter water in saam met ’n halwe sopie sout in ’n potjie wat groot genoeg en kry dit aan die kook op 'n warm vuur. Voeg al die macaroni by die borrelende water en kook vir presies 7 minute. Die noedels sal nog effens rou wees, maar sal later gaarder word wanneer dit in die sous bak. Dreineer dadelik die pasta.
  2. Sit die leë potjie weer op die vuur (nie te warm nie), voeg dan een sopie botter by en wag tot dit smelt. Voeg die meel by en roer vir omtrent 1 minuut. Gooi nou die melk bietjie-vir-bietjie by terwyl jy voortdurend roer. Jy sal sien dat die mengsel eers swel en al die melk absorbeer wat jy bygooi en dan mettertyd in 'n sous verander namate jy meer melk byvoeg. As jy die melk te vinnig bygooi, gaan jy klonte kry. As jy sien dat klonte vorm, moet jy hulle eers met mening by die res van die mengsel inroer voordat jy nog melk bygooi.
  3. Wanneer jy al die melk bygegooi het, kry die sous rustig aan die prut en voeg helfte van die kaas en al die mosterd, sout en peper by en roer deeglik.
  4. Voeg nou die gekookte macaroni by die sous en roer dit om die pasta daarmee te bedek. Haal die potjie dan van die vuur af en sit die deksel op totdat jy die braaibroodjie bou.
  5. Bou die braaibroodjies: Smeer botter aan een kant van elke sny brood (dis die kant wat buitentoe gaan kyk wanneer jy eers die braaibroodjie aanmekaar gesit het). Sit die helfte van die snye brood op hul botterkante neer en verdeel nou die macaroni-en-kaasmengsel en die res van die kaas eweredig op die snye. Bedek met die oorblywende snye brood en laat hulle botterkante boontoe wys. 
  6. Braaibroodjies is draaibroodjies. Jy moet braaibroodjies gereeld draai en jy braai hulle in ’n toeklaprooster. As jy nie een het nie, koop een - verkieslik ’n rooster met verstelbare diepte sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet redelik ver van die kole af wees. Jou doel is om die kaas gesmelt en die res van die vulsel lekker warm te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is. Om te keer dat die braaibroodjies vassit, help dit as jy die rooster ’n paar keer oop-en-toe maak ná die eerste paar maal se omdraai.
  7. Sodra jou braaibroodjies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Ek glo die regte manier om ’n braaibroodjie te sny, is diagonaal, en die regte tyd om dit te eet, is onmiddellik.
Varkliesburger – Jan Braai vir Erfenis
Poster 320x480
Sub Titel

Varkliesburger

Gewildste Resepte