Logo

Koffie & Spesery Steak

24 Februarie

Braai

4

Koffie, speserye en ander lekkernye!

<p>Koffie &amp; Spesery Steak</p>
Bestanddele

1 sopie Botter

1 sopie Olyf Olie

1 Ui gekap

4 huisies Knoffel geskil

250 g Sampioene

500 g Baba Aartappels sag gekook

Vir die Steak:

1 kg Lende (rump) Steak

1 teelepel Paprika

1 teelepel Fyn Komyn

1 teelepel Fyn Koljander

1 teelepel Sout

1 teelepel Gemaalde Swart Peper

1 sopie Gemaalde Koffie

2 sopies Brandewyn

na smaak Vars Tiemie

Metode

ONS GAAN NOU BRAAI

Plaas jou pan of potjie op die vuur en sit botter en olie in die pan.

Gooi die sampioene en uie in die pan en braai tot dit sag en gaar is.

Gooi die heel huisies knoffel in die pan, asook die baba-aartappels en laat dit braai tot dit begin kleur kry.

Meng al jou speserye, sout en peper saam en strooi dit oor jou steak mildelik aan albei kante.

Braai jou steak oor warm kole tot medium gaar, die steak gaan weer braai in die pan, so moet dit nie te gaar braai nie.

Laat die steak rus vir 'n paar minute en sny dit in dun snye teen die grein van die vleis.

Maak 'n spasie vir die steak in die pan, en plaas die snye steak in die pan saam met al die ander bestandele.

Gooi die sopie brandewyn oor en laat dit aan die brand steek (flambe).

Voeg vars tiemie by en geur met ekstra sout en swart peper indien nodig.

Bedien die gereg direk uit die pan.

Kaaspotbrood
Jan Braai
2020-02-24

Kaaspotbrood

Gewildste Resepte