Logo

Kaaspotbrood

24 Februarie

Braai

4

Ek hou van kaas, bra!

9
Bestanddele

1 kg Meel

1 sakkie Kits Gis

2 teelepels Sout

2 teelepels Suiker

500 ml Lou warm Water

500-800 g Mengsel Kaas

1 Camembert heel

Metode

SO MAAK MENS:

Maak eers jou deeg: Meng die meel, gis, suiker en sout saam. Voeg die water by, bietjie vir bietjie, en begin dit te knie met jou hande. Jy sal heel moontlik nie al die water gebruik nie, so gaan maar op gevoel met jou hande en knie tot die deeg sag en elasties is. Bedek die deeg en plaas dit op 'n warm plek, sodat dit kan rys.

As die deeg verdubbel het in grootte, knie dit weer en gebruik dan 'n koekroller om dit in 'n groot sirkel uit te rol. Die sirkel moet groot genoeg wees om die hele potjie te dek en nog bo te kan toevou.

Smeer die potjie met botter of olyfolie en plaas die deegsirkel in die middel van die pot.

Pak al die kaas en enige ander bestandele waarvoor jy lus het op die deeg.

Vou die deeg versigtig toe bo en maak half 'n knoop met die deeg sodat alles mooi binne kan bly.

Plaas die potjie op die vuur met medium hitte en sit 'n paar kole op die deksel sodat dit kan bak van alle kante.

Bak die brood vir 30 minute, loer dan hoe dit al lyk. Die brood is gaar as hy bruin en bros bo is en 'n hol klank maak as jy daaraan klop.

Plaas die brood in die middel van die tafel op 'n groot houtbord en laat gaste hulself help deur 'n stuk brood af te sny of breek en te doop in die kaassous.

Bolognese Quesadillas
Jan Braai
2020-02-24

Bolognese Quesadillas

Gewildste Resepte