Logo

Bolognese Quesadillas

Braai

3

"Barriga llena, corazón contento" - (Vol maag, gelukkige hart)

7
Bestanddele

1 Ui gekap

2 huisies Knoffel fyn gedruk

500 g Beesmaalvleis

2 sopies Tamatiepasta

1 pakkie Denny Bolognese Sous

Sout na smaak

Peper na smaak

300 g Belee Cheddar Kaas gerasper

10-12 Tortillas (wraps)

Metode

LAAT WAAI:

Verhit die olie in jou potjie en braai die uie tot sag en gaar. Voeg die knoffel en maalvleis by en braai tot bruin en gaar.

Voeg die tamatiepasta by en braai vir nog 'n minuut terwyl alles goed gemeng word.

Voeg nou die Denny Bolognese-sous by, die gedreineerde bone en laat alles saam prut vir 15-20 minute op lae hitte. Geur met ekstra sout en peper indien jy voel dit is nodig.

Bou jou quesadilla: Vul helfte van die tortilla met n laag bolognese sous, en strooi dan gerasperde kaas oor. Vour die tortilla toe, dat jy nou 'n halwe sirkel het. Vou die halwe sirkel tortilla weer, dat jy op die ou einde 'n kwart sirkel het. Vul en vou al die tortillas op die manier en sit hulle dan versigtig in jou toeknyprooster.

Braai die tortillas oor medium-hitte soos wat jy jou braaibroodjies sou braai en draai gereeld, tot die buitekant bros is en die kaas binne gesmelt.

Bedien dit saam met vars brandrissies en suurroom as jy sou wou, of geniet hulle net so, direk van die rooster af.

<p>Lam Kofta Burger - Jan Braai - kykNET</p>
Lam Kofta Burgers
2020-02-21

Lam Kofta Burgers

Gewildste Resepte