Logo

Lam Kofta Burgers

21 Februarie

Braai

739993

Ai my lam! As die hemel aan jou lippe hang ...

<p>Lam Kofta Burger - Jan Braai - kykNET</p>
Bestanddele

Vir die "Patties"

1 kg Lam- of Beesmaalvleis

1 sopie Paprika

1 sopie Fyn koljander

1/2 sopie Sout

1 teelepel Peper

1 hand Vars Pietersielie & Koljander blare fyn gekap

1/2 Rooi ui gerasper

Vir die Sous

500 ml Volroom

1/2 Rooi ui gekap

2 huisies Knoffel fyn gekap

1 suurlemoen Vars Suurlemoensap

1/2 Komkommer gekap in blokkies

1 hand Kruisementblare

Metode

ONS GAAN NOU BRAAI:

Indien jy 'n vleismeul tot jou gebruik het, maal vleissnitte soos die borsstuk en meng dit met lamsvleis. Andersins, gebruik net goeie kwaliteit bees- of lamsmaalvleis.

Meng die vleis met die speserye, uie en vars kruie, en meng goed deur.

Gebruik jou hande of “patty” drukker en vorm 6 - 8 patties, afhangende van die grootte burgers wat jy wil hê.

Braai die “patties” oor warm kole tot medium gaar.

Terwyl die vleis braai, berei solank jou sous voor.

Meng die jogurt, komkommer, uie, knoffel en kruisementblare saam. Geur met suurelemoensap, sout en peper.

Bou jou burger deur slaaiblare onder op die rolletjie te plaas, dan jou “patty”, gevolg deur die sous en rond dit af met gekapte tamatie.

Bone Bolognese
Jan Braai
2020-01-23

Bone Bolognese

Gewildste Resepte