Logo

Hoender birjani

23 September

6 porsies

Braai

4

Dié hoender-en-rysdis kom van Noord-Indië, maar is plaaslik so ‘n gevestigde gunsteling dat ons hom as ‘n aangenome kind van die Suid-Afrikaanse kookkuns kan beskou.

Jan Braai –Hoender birjani
Bestanddele

2 koppies Basmatirys (rou)

2 sopies Botter

2 Uie fyngekap

2 Lourierblare

5 Kardemompeule

1 Kaneelstokkie

1/2 sopie Borrie

3 sopies Kerriepoeier

1 sopie Gemmer gerasper

18-24 Ontbeende hoenderdye (of 8 hoenderfilette) in groot stukke gesny

1 teelepel Sout

1/2 teelepel Swartpeper

2 koppies Hoenderaftreksel

2 sopies Vars koljander fyngekap

*opsioneel Amandels in vlokkies en gerooster

Metode
  1. Kook die 2 koppies basmatirys volgens die resep op bladsy 182. Onthou, daardie resep is vir 1 koppie, so jy moet hom verdubbel.
  2. Sit jou potjie op die vuur. Behalwe vir die aanvanklike braai-deel, maak jy die dis deurgaans op medium-lae hitte, so maak seker jou vuur is nie te warm nie. Voeg eerder nog kole by as die hitte te laag is. Sit die botter, uie, lourierblare, kardemompeule en kaneelstokkie in die pot en braai vir so 5 tot 10 minute. Die uie moet sag wees, maar nie bruin nie.
  3. Voeg die borrie, kerriepoeier en gerasperde gemmer by. Laat braai vir ‘n minuut terwyl jy roer.
  4. Nou is dit die hoender, sout en peper wat ingaan. Braai vir omtrent 2 minute net om dit ‘n bietjie kleur te gee. Gooi die hoenderaftreksel in, roer en sit die deksel op. Laat prut op lae hitte vir 20 minute. Roer na 10 minute.
  5. Haal die deksel af en gooi die gaar rys bo-op die hoender, sprei dit uit tot in al die hoeke en maak dit gelyk. Sit weer die deksel op en laat alles vir 10 minute saam prut op lae hitte.
  6. Haal die potjie van die vuur af en laat hom vir 10 minute staan voordat jy die deksel oplig. Bedien met fyngekapte koljander en ‘n paar vlokkies geroosterde amandels.

EN ...Hoenderbirjani kan effe droog wees en dis nou maar een van daardie dinge. Los die probleem op deur dit saam met iets smaaklik te bedien, byvoorbeeld raita (soortgelyk aan tzatziki). 

Hoe om raita te maak:
2 koppies gewone jogurt (ek verkies Griekse bo Bulgaarse jogurt)
½ komkommer (pitte uitgehaal en grof gerasper)
1 teelepel gemaalde komyn
1 sopie koljanderblare (fyngekap)
sout en peper (na smaak)
Meng bloot die bestanddele saam.

DADEL-EN-PEKANNEUT POTJIE MET ’N TOFFIESOUS – Jan Braai
Poster 320x480
Sub Titel

Dadel-en-pekanneut potjie met ’n toffiesous

Gewildste Resepte