Logo

Dadel-en-pekanneut potjie met ’n toffiesous

11 September

10 persone

Braai

5

Daar is niks moeilik aan die resep nie. Kry net die bestanddele bymekaar en volg die stappe. As jy die resep kan lees, kan jy die nagereg maak. Die moeilikste is om die dadels in die hande te kry.

DADEL-EN-PEKANNEUT POTJIE MET ’N TOFFIESOUS – Jan Braai
Bestanddele

Vir die beslag

250 g Dadels fyngekap

1 teelepel Koeksoda

1 koppie Kookwater

1/2 koppie Botter gesmelt

1/2 koppie Bruinsuiker

2 Eiers

1 koppie Meel

1 teelepel Bakpoeier

1 teelepel Fyn gemmer

1 pakkie Pekanneute grop gekap

Vir die toffiesous

1/2 koppie Botter

1 koppie Ligte bruinsuiker

1 koppie Vars room

1 teelepel Vanieljegeursel

Metode
  1. Kap die blok dadels op en gooi die opgekapte dadels en die koeksoda in jou nommer 10-platboompotjie. Giet die kookwater daaroor uit en laat staan vir 10 minute. Die koeksoda moet die dadels vir jou laat loskom en hulle sagter en sappiger maak. Jy sal sien hoe die tekstuur en kleur van die mengsel in hierdie 10 minute verander.
  2. Krap ’n paar kole onder die potjie in en voeg die botter en suiker by die dadels. Meng alles saam en laat prut oor lae hitte totdat al die suiker opgelos is. Ons probeer nie enigiets gaarmaak nie; ons smelt net die suiker. Haal van die hitte af en laat dit afkoel.
  3. Sodra die mengsel afgekoel het (dit sal omtrent 10 minute neem), voeg die eiers by en meng deeglik. Voeg dan die ander bestanddele van die beslag by en roer deeglik om hulle goed te meng. Moenie die sous se bestanddele bygooi nie, net die beslag s’n.
  4. Sit die deksel op en bak oor medium hitte vir omtrent 30 minute deur kole onder die potjie en op die deksel te pak. Hy is reg wanneer jy ’n mes by die poeding kan insteek en die lem kom uit sonder enige rou beslag wat aan hom vassit.
  5. Wanneer jy dink die bakproses is amper klaar, meng al die sous se bestanddele in ’n klein pot of pan en kry dit aan die kook. Laat prut vir 15 minute totdat dit dikker begin raak, glad lyk en daardie ryk, bruin toffiekleur kry.
  6. Wanneer die nagereg in die potjie reg is, giet al die sous daaroor uit sodat dit kan intrek. Andersins kan jy lepels vol van die koekerige nagereg vir jou gaste inskep en sous oor elke stuk skep.
  7. Bedien met die ou staatmakers wat jou ’n warm gevoel gee. Dis nou dinge soos room, roomys of vla
Biltong braaibroodjie – Jan Braai
Poster 320x480
Sub Titel

Biltong-braaibroodjie

Gewildste Resepte