Logo

Gebraaide toffie-en-piesang-poeding

20 April

4 Porsies

Braai

3

Tydens ’n episode van Kampkos het Simoné Nortman gebraaide toffie-en-piesang-poeding voorberei. Kry haar resep.

Simone Nortman_Kampkos
Bestanddele

6 piesangs

50 ml sagte bruinsuiker

45 ml goue stroop

45 ml dik room

vanielje-ekstrak

vanielje-roomys

1 pak marshmallows

braaistokkies

Metode

 

  1. Braai die piesangs in hul skille oor matige kole tot hulle swart raak. Onthou om die piesangs te draai sodat albei kante hitte kry. (Die piesangskille sal moontlik ook selfs oopbars).
  2. Meng alle bestanddele vir die sous in 'n souspan en verhit totdat botter en suiker gesmelt is.
  3. Onthou om die mengsel voortdurend deeglik te roer.
  4. Sodra die piesangs van die rooster afgehaal word, laat dit effens afkoel en skil dan die piesangs af.
  5. Ryg marshmallows op stokkies en braai todat die buitekant liggies gesmelt is.
  6. Druip die toffiesous oor die gebraaide (en geskilde) piesangs en bedien saam met die gebraaide marshmallows en roomys.
Biltong-molshopies
Kampkos Logo
2017-04-20

Biltong-molshopies

Gewildste Resepte