Logo

Biltong-molshopies

4 Porsies

Braai

2

Tydens ’n episode van Kampkos het Mila Guy biltong-molhopies voorberei. Kry haar resep.

Biltong-molshopies
Bestanddele

6 groot aartappels

1 ui

250 ml olie

klontjie botter

125 ml room

extra melk

25 g fyn biltongpoeier

Ina Paarman Chilli & Garlic-speserye

sout

500 g kaas

vars knoffel

Metode

 

  1. Begin deur die kapokaartappels te maak. Skil die aartappels in stukke en kook tot sag.
  2. Druk aartappels fyn. Gooi klontjie botter en room, wat bietjie warm gemaak is, by. Gebruik die ekstra melk indien die mengsel nog te styf is.
  3. Sny die ui en knoffel fyn en braai totdat dit gaar is.
  4. Verhit die oorblywende room.
  5. Meng kapokaartappels met gebraaide ui en knoffel, biltongpoeier, speserye en sout (na smaak). Voeg die warm room by. Meng dit deeglik deur.
  6. Vorm ‘molshopies' – gebruik sommer jou hande om balletjies te vorm met die mengsel.
  7. Plaas die ‘molshopies' in ‘n pan met olie.
  8. Garneer elke ‘molshopie' met nóg gerasperde kaas en biltongpoeier.
  9. Bedek die pan met foelie en plaas kole bo die foelie, sodat die ‘molshopies' hitte van bo en onder kry.
  10. Bak vir sowat 5 tot 10 minute.
Simone Nortman_Kampkos
Kampkos Logo
2017-04-20

Gebraaide toffie-en-piesang-poeding

Gewildste Resepte