Logo

Dean se Chad le Burger

04 Mei

Braai

3

Die Kokkedoortjie Dean het sy hamburger die “Chad le Burger” gedoop. Hier is die resep.

Dean2
Bestanddele

Ekstras

Thousand Island-sous (80 ml mayonnaise gemeng met 80 ml tamatiesous)

blaarslaai

kaassnye (opsioneel)

sagte broodrolletjies

uieringe

Masala-uieringe

200 ml koekmeel

knippie peper

knippie sout

10 ml masala of kerriepoeier

100 ml sodawater

2 uie (in dik ringe)

300 ml olie vir braai

Vleispatties

500 g beesmaalvleis

10 ml fyngekapte pietersielie

10 ml fyngekapte koljander (vars)

30 ml gekapte brandrissie (verminder, of los die pitte uit as jy dit minder branderig verkies)

10 ml Worcestershiresous

1 eier

sout en peper

Metode

Vleispatties

  1. Skakel oond aan op 200°C.
  2. Maak die patties: meng die maalvleis, eier, pietersielie, koljander, rissie, Worcestershiresous, sout en peper liggies deur. Verdeel die maalvleis in 4 gelyke dele, sit ’n skyfie botter in die maalvleis en vorm die patties.
  3. Maak ’n oondvaste braaipan warm, verhit die olie en braai die patties bruin aan beide kante vir 2 minute. Bak die patties in die oond tot deurgaar, maar steeds sappig. Haal uit en laat rus.

Uieringe

  1. Maak die olie stadig warm in ’n diep kastrol of gebruik ’n diepvetbraaier.
  2. Meng die meel, peper, sout en masalapoeier in ’n mengbak, voeg die sodawater by en meng tot glad.
  3. Doop die uieringe in die beslag en braai dit in die warm olie, nie te veel op ’n slag nie sodat die olie nie hitte verloor nie. Skep dit versigtig uit met ’n groot gaatjieslepel of knyptang.

Om die burger te bou

  1. Braai die broodrolletjies liggies in die pan as jy wil. Pak die blaarslaai op, dan jou Thousand Island-sous, dan die pattie, nog sous, mieliepitte en ’n sny kaas.
  2. Bedien met uieringe in die burger of ryg die uieringe op ’n stokkie en steek die burger daarmee vas of plaas net voor opdiening op die burger.
Varkrib
Varkrib met lemmetjie- en klapperrys
2017-04-15

Varkrib met lemmetjie- en klapperrys

Gewildste Resepte