Logo

Varkrib met lemmetjie- en klapperrys

15 April

4 Porsies

Braai

3

Kry die resep vir varkrib met lemmetjie- en klapperrys, wat tydens ’n episode van Toks en Tjops voorberei is, hier.

Varkrib
Bestanddele

1 kg varkrib

2 huisies knoffel

3 cm gemmer

200 ml lae-natrium sojasous

50 ml ryswynasyn

Klapperrys:

1 k jasmyn-rys

1 k water

k ligte klappermelk

1 lemmetjietakkie

knippie sout

Sous:

1 rooiui

2 huisies knoffel

2 cm gemmer

30 ml sesamolie

150 ml lae-natrium sojasous

1 e ligte bruinsuiker

200 ml water

2 e mielieblom

Metode

 

  1. Berei 'n vuur voor en versprei die kole om medium-hitte te kry.
  2. Marineer die ribbetjie in 'n mengsel van gemmer, knoffel, soja enryswynasyn.
  3. Voeg die ribbetjie in die mengsel in 'n groot kastrol. Marineer vir 20minute terwyl jy wag vir die kole, voordat jy die hele kastrol met dekselop die vuur sit om die ribbetjie gaar te maak.
  4. Plaas die klappermelk, water, sout en lemmetjietak in 'n mediumgroottepan en laat kook. Wanneer gekook is, voeg die rys by, roer dit enbedek. Laat prut vir 18 minute.
  5. Verwyder van die hitte en laat vir 5 minute stoom voordat jy die korrelslosmaak met ʼn vurk.
  6. Om die sous te maak, sweet die rooi ui, knoffel en gemmer saam metdie sesamolie.
  7. Voeg die sojasous, bruinsuiker en water by.
  8. Meng die mielieblom saam met 'n bietjie water.
  9. Klits die mielieblom-mengsels in die nou pruttende soja-mengsel.
  10. Kook tot verdik.
  11. Verwyder die ribbetjie uit die kastrol en plaas op die warm rooster.
  12. Braai aan albei kante totdat dit mooi bruin en gaar is.
  13. Sny in stukkies rib, gooi die sous oor en besprinkel met geroosterde sesamsade.
  14. Bedien op die jasmyn-klapperrys en garneer met sprietuie.

Wenk:

  1. Om sojasous met verminderde natrium te gebruik gee jou al die smaak sonder dat jy die risiko van hoë bloeddruk neem.
Toks-en-Tjops-Burrito-1
Meksikaanse hoender-burrito
2017-03-28

Meksikaanse hoender-burrito

Gewildste Resepte