Logo

Christia Visser se hoender-alfredo-pastapot

03 Mei

Braai

4

Christia Visser het tydens ’n episode van Kampkos dié heerlike gereg voorberei. 

Kampkos_Christia-se-pastapot
Bestanddele

3 huisie knoffel

3 e botter

3 uie

1 pakkie sampioene

1 blok kaas gerasper

500 g pasta

2 l melk

10 hoenderstukkies

4 e olyfolie

Metode
  1. Begin deur die botter en olyfolie in die platboompot op die vuur te gooi.
  2. Voeg gekapte uie en knoffel by, en braai totdat die uie half gaar is. Verwyder uit pot sodat die mengsel van uie en knoffel nie vas brand nie.
  3. Voeg die hoenderstukke nou in die leë pot (gooi nog olyf olie by indien nodig).
  4. Braai hoender totdat dit verbruin aan albei kante (dit hoef nie heeltemal gaar te wees nie).
  5. Voeg room en melk by (ongeveer twee koppies).
  6. Voeg weer die uie-en-knoffel-mengsel by en versprei dit eweredig in die pot.
  7. Roer af en toe die room-en-melk-mengsel en verseker dat hoender onder die mengsel bly.
  8. Sout en peper na smaak.
  9. Sodra die hoender gaar is, pak die pasta en sampioene bo-op die hoender in die pot.
  10. Voeg ekstra melk by sodat die pasta so halfpad bedek word in die vloeistof.
  11. Bedek pot met sy deksel en laat prut sodat die pasta kan gaar word.
  12. Sodra die pasta gaar is, strooi gerasperde kaas oor die dis en laat staan totdat dit gesmelt is.
  13. Bedien.
Kampkos_Trix Vivier
Kampkos Logo
2018-04-26

Bobby se bosveld-omelet en -stokbrood

Gewildste Resepte