Logo

Bobby se bosveld-omelet en -stokbrood

26 April

Braai

5

Probeer gerus Bobby van Jaarsveld se resep vir sy nessie-eier-deluxe. 

Kampkos
Bestanddele

3 blikke tamatie-en-uie-mengsel

1 blik appelkooskonfyt

1 pakkie bruin uie-sop

2 blokkies beesaftreksel

2 uie

2 pakkies spek

2 pakkies sampioene

12 eiers

4 k kaas

2 sakkies deeg

Metode

Vir die omelet:

  1. Begin die sous te meng deur die tamatie en uie, appelkooskonfyt, beesaftreksel en bruin uie-sop met ’n bietjie water te meng. Roer deeglik.
  2. Braai die gekapte uie, spek en sampioene. Sodra dit gaar is, verwyder dit van pan en laat staan vir later stap in die omelet.
  3. Voeg sous mengsel op pan en roer totdat die sous verdik.
  4. Met ’n lepel, maak holtes waarin die eiers in gebreek kan word. Spasieer die eiers uit in die pan.
  5. Voeg die uie, spek- en sampioene-mengsel oor die sous met eiers in die pan sodra die eiers begin gaar word.
  6. Voeg gerasperde kaas oor die omelet. Foelie kan oor die pan geplaas word sodat die kaas kan smelt en eiers gaar kan word. Bedien wanneer die omelet behoorlik gaar is.

Vir die stokbrood:

  1. Rol die deeg uit in lang stukke, draai om die stokke en maak gaar oor die vuur.
  2. Trek die brood vanaf die stok en gooi stroop in die middel.

 

 

 


 

Kampkos_Trix Vivier
Kampkos Logo
2018-04-12

Leah se ontbytpan

Gewildste Resepte