Logo

Botterskorsie-en-klappermelk-risotto

4 persone

Braai

4

Al die bestanddele is tot ’n mate nie bederfbaar, wat dit geskik maak vir twee dinge: ’n kampeervakansie en ’n opsie om in jou kombuis op terug te val as die braailus jou onverwags betrap.

Botterskorsie en klappermelk -risotto – Jan Braai vir Erfenis
Bestanddele

1 Botterskorsie geskil en gerasper

1 sopie Olyfolie

1 sopie Botter

1 Ui fyngekap

2 huisies Knoffel fyngekap

1 koppie Arborio-rys

2 koppies Hoenderaftreksel

1 blik Klappermelk

Sout

Swartpeper

*opsioneel Koljander vir garnering

*opsioneel Parmesaan- of pecorinokaas gerasper / skaafsels vir garnering

Metode
  1. Skil die botterskorsie, sny dit oop en krap die pitte en ander grillerige goed uit. Rasper nou die botterskorsie met die growwer kant van jou rasper. Dit is heeltemal reg om nie daardie botterskorsie tot op sy einde te rasper nie, want dan verloor jy dalk een of meer van jou vingerpunte en dis nooit ideaal nie.
  2. Gee jou potjie bietjie hitte van onder, verhit die olie en botter en braai die ui vir ’n paar minute.
  3. Gooi nou die knoffel en die rys by en roerbraai vir nog ’n paar minute, terwyl jy sorg dat al die rys ’n dun lagie van die oliemengsel om kry.
  4. Volgende gooi jy die gerasperde botterskorsie van stap 1 by. Wikkel die spulletjie vir ’n minuut of drie met jou houtlepel rond tot dit kleur kry.
  5. Nou gooi jy die vloeistof alles op een slag by, jy het reg gelees, gooi alles by. Dit die deksel op die potjie en laat dit stadig prut oor lae hitte. Jy moet die potjie gereeld roer, en sorg dat niks aan die onderkant vassit nie. So dit is ’n lekker taak om aan ander lede van jou braaigeselskap te delegeer.
  6. Die risotto is reg wanneer die rys dik, romerig en sag is. Dit vat omtrent 30-40 minute. Die botterskorsie sal teen daardie tyd ook sag en gaar wees. As jou aftreksel en klappermelk opraak voordat die rys heeltemal sag is, gebruik ’n bietjie ekstra aftreksel, witwyn of water om jou oor die wenstreep te kry.
  7. Geur met sout en peper. Wees versigtig, want die aftreksel het die risotto al klaar souterig gemaak.
  8. Bedien met vars koljander en ’n bietjie kaas as jy wil. 

EN...Jy kan natuurlik die botterskorsie-risotto net so eet, maar die rede waarom ek hom in die boek het, is sodat jy hom as ’n briljante bykos vir enige braaivleis

Bees Trinchado Potjie – Jan Braai vir Erfenis 11
Poster 320x480
Sub Titel

Bees-trinchado potjie

Gewildste Resepte