Logo

Bees-trinchado potjie

02 Oktober

6 – 8 persone

Braai

4

Behalwe dat die Portugese die eerste toeriste was om ‘n skip in Mosselbaai te anker, is hulle ook bekend vir ‘n paar suksesse in die kookkuns.

Bees Trinchado Potjie – Jan Braai vir Erfenis 11
Bestanddele

2 kg Steak in 4cm blokkies gesny

2 sopies Sojasous

2 sopies Olyfolie

2 Uie fyngekap

10 huisies Knoffel fyngekap

1/2 sopie Rooipeper (of brandrissiepoeier)

3 Lourierblare

2 koppies Beesaftreksel

1/2 koppies Brandewyn

1/2 koppies Rooiwyn

1/2 sopie Sout

1 teelepel Swartpeper

1 hand Ontpitte swart olywe

1 koppie Room

Gerasperde skil van 'n klein suurlemoen

Metode
  1. Gooi die sojasous oor die blokkies vleis. Braai nou die vleis in die pot om dit te seël en die sappigheid binne te hou; doen dit in sarsies, soveel as wat gelyk onder in die pot pas. As jou pot groot genoeg is kan jy natuurlik ook al die vleis gelyk braai. Kry ordentlike hitte in jou pot deur dit reg bo-op die vlamme te sit. Sit ‘n sopie olyfolie en ‘n sopie botter in die pot en braai omtrent ‘n derde van die vleis. Haal die vleis uit en hou dit eenkant. Sit nog ‘n sopie olyfolie en ‘n sopie botter by en braai die volgende derde. Teen die tyd dat jy by die laaste derde kom, sal daar genoeg botter en olyfolie in die pot oor wees.
  2. Wanneer jy die laaste sarsie vleis verbruin het, gooi jy die res van die vleis ook in die pot (tensy alles natuurlik gelyk in jou groot genoeg pot verbruin is). Voeg nou die uie, knoffel, rooipeper en lourierblare by en braai vir omtrent 10 minute tot die uie sag is.
  3. Gooi die vleisaftreksel, brandewyn, wyn, sout en peper by. Verhit tot die sous begin prut, sit die deksel op en laat die potjie rustig vir omtrent ‘n uur voortprut totdat die vleis heeltemal sag is en al die smake lekker saamgesmelt het.
  4. Haal die deksel af en roer die olywe, room en suurlemoenskil by. Kry dit aan die borrel en laat prut sonder die deksel vir nog so 10 minute totdat die sous begin verdik.
  5. Haal van die vuur af en laat vir ‘n paar minute rus. ‘n Rojale hoeveelheid sous is deel van hierdie gereg so bedien hom gerus ook in bakke en eet die sous met lepels en vars geroosterde brood.

EN ...Ek weet dit klink na moeite om suurlemoenskil te rasper, maar daar is kere wat jy dit net regtig moet doen en hierdie is een van hulle. Om suurlemoenskil te rasper is regtig nie moeilik nie, dit ruik lekker en sal jou laat lyk soos die tipe kenner wat dié boek gelees het. Dit gee ‘n unieke geur aan die dis wat net nie dieselfde daarsonder sal wees nie.

Jan Braai – GEBRAAIDE DADELS MET ROOMYS EN OLYFOLIE
Poster 320x480
Sub Titel

Gebraaide dadels met roomys en olyfolie

Gewildste Resepte