Logo

Jakkie Louw se Bosveld-peri-peri-potjie

02 Junie

4 Porsies

Braai

4

Jakkie Louw het tydens ’n episode van Kampkos gewys hoe maklik dit is om sy heerlike Bosveld-peri-peri-potjie voor te berei. Hy het sy resep met ons gedeel.

Kampkos-2
Bestanddele

1 pak garnale

1 pak mossels

200 ml kokkosneutroom

knoffelbotter

peri-perisous

sout

peper

2 suurlemoene

Metode
  1. Gooi eerste die mossels en garnale (dit kan steeds gevries wees) in 'n koue pot.
  2. Voeg nou 'n ruimskootse hoeveelheid knoffelbotter in.
  3. Volgende is die kokkosneutroom en dan laastens die suurlemoensap asook 'n bietjie sout en peper.
  4. Nou kan jy die gasplaat of kole warm maak onder die pot vir sowat 20 tot 30 minute.
  5. Bedien met 'n broodjie van jou keuse.
Kampkos-7
Kampkos Logo
2016-06-02

Jaco Muller se bierhoender

Gewildste Resepte