Logo

Filet- en murgbeenburger

24 Oktober

4 persone

Braai

3

 Jou hamburger verdien dan ’n lekker skyf filet-steak. Plus gebraaide beesmurgbene is net die ding om die sappigheid en geur aan te vul.

Episode 17 Fillet en Beenmurg burger
Bestanddele

800 g Filet-steak

4 Burgerrolletjies

Olyfolie

Sout & Peper

4 porsies Murgbeen

2 sopie Mayonnaise

1 houer Roketbkare

2 Tamaries gesny

1 Suurlemoen

Sprietuie opgekap

1 sopie Dijon-mosterd

Metode
  1. Stook ’n groot vuur met jou gunsteling braaihout.
  2. Sny die steak in vier ewegroot skywe en lê neer op ’n kapplank. Gee elkeen nou ’n lekker hou of drie met ’n vleishamer of ’n ander wapen, soos ’n wynbottel, wat ook die ding sal doen. Elke filet-porsie is nou dunner en het ’n groter omtrek. Bedruip met olyfolie en skuif die vleis rond sodat al die sye met olie oortrek is. Gooi genoeg sout en peper oor.
  3. Nou braai jy die steaks oor baie warm kole vir so 8-10 minute. Maak seker jy braai elke filet aan al sy kante. ’n Filet-skyf het 4-6 kante en jy moet elke een in stadium kole toe laat kyk.
  4. Terwyl jy die steak op die kole het, braai jy die murgbene ook. Gee hulle sout en peper. Laat dan die murg-kant eerste na die kole kyk en braai tot goudbruin. Nou draai jy hulle om dat die beenkant die hitte kry en hou aan braai totdat die murg begin borrel en maklik van die been loskom met die hulp van ’n lepel of ’n vurk.
  5. Haal jou steak van die vuur af en laat die vleis rus.
  6. Olie die binnekante van die oopgesnyde rolletjies en gee hulle hitte op die rooster, maar wees versigtig dat jy hulle nie te rof rooster nie (ons bly liefs weg van die woord brand).
  7. Bou die burger: Rolletjie, mayonnaise, tamatieskywe, roketblare, filet-steak; dan krap jy die murg uit die bene en smeer oor elke steak; op die murg druk jy suurlemoensap, dan sprietuie, en laastens smeer jy mosterd aan die binnekant van die boonste rolletjie en sit hom bo-op.
Episode 16 Tandoori lamb Loin chops
Jan Braai
Sub Titel

Tandoori lamstjops

Gewildste Resepte