Logo

Bobotie Burger

03 Januarie

Braai

5

Wanneer Bobotie en 'n burger ontmoet. . .

Bobotie Burger
Bestanddele

Opsioneel:

gebakte eier

Vir die burger:

4 hamburger rolletjies

2 tamaties, in skywe gesny

slaaiblare

1 k blatjang

1 rooi ui, in ringe gesny

Vir die patty:

1 kg maalvleis

sout

peper

1 sopie medium sterkte kerriepoeier

1 t borrie

½ sopie wit asyn

1 sopie appelkooskonfyt

Metode

Geur die bees maalvleis met sout, peper, kerriepoeier en borrie en meng alles goed saam.

Voeg die asyn en appelkooskonfyt by en meng goed.

Gebruik ʼn “Patty”-drukker of jou hande en vorm 4 burger “patties”. Moet nie die vleis te veel druk en hanteer nie, dit sal die smaak verbeter.

Braai die “patties” oor medium kole tot medium gaar. Paar minute voor die vleis gaar is, rooster die burger rolletjies oor die kole.

Bou jou burger deur te begin met die burger rolletjies, dan tamatie en dan die “Patty”.

Gooi ʼn mildelike hoeveelheid blatjang oor en plaas ringe rooi uie bo op.

Bedien die burger met ʼn gebakte eier bo-op vir bonus punte.

Braai
Jan Braai
2020-01-03

Die beste sampioen burger ooit!

Gewildste Resepte