Logo

Italiaanse geroosterde sampioene

Lewer 4 porsies

Italiaans

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Foto: Heleen Meyer

DGO_28 Mei
Bestanddele

4 - 6 groot bruinsampioene (portabella’s)

80 ml olyf- of avokado-olie

45 ml Italiaanse pietersielie (gekapte)

1/2 suurlemoenskil (fyngerasper)

swartpeper (na smaak)

200 g kersietamaties (in wiggies gesny)

125 ml mozzarellakaas (grofgerasper)

125 ml wit cheddarkaas (grofgerasperde beleë)

6 - 8 repe Richard Bosman Prosciutto

45 - 60 ml basiliekruidpesto

handvol roketblare

Metode

1. Voorverhit die oond tot 200 °C en plaas sampioene op ’n bakplaat of in ’n vlak oondbak.
2. Meng die olie, pietersielie, suurlemoenskil en peper saam. Verf sampioene met helfte van die olie-mengsel.
3. Meng die tamaties met die orige olie-mengsel en skep sampioene op. Meng die twee kase saam en sprinkel bo-oor.
4. Rooster vir 10-12 minute of tot die kaas gesmelt is en effens begin verkleur.
5. Rond sampioene met repies Prosciutto, lepelsvol basiliekruidpesto en roketblare af. Sit dit met vars JAZZ™ Appels voor om die ete gebalanseerd te hou.

Wenk:
1. Die sampioene sal ook heerlik wees met skyfies, vars avokado, wanneer dit beskikbaar is.

DGO_14 Mei
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2018-05-14

Sampioenkerrie

Gewildste Resepte