Logo

Sampioenkerrie

14 Mei

Lewer 4 porsies

Vegetaries

Koskonsultant Heleen Meyer het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt, dié heerlike gereg voorberei vir die kosblik. Die resep is aangepas uit From a doctor’s heart. Foto: Heleen Meyer

DGO_14 Mei
Bestanddele

400 ml klappermelk

150 ml melk

1 knoffelhuisie (fyngedruk)

1 rooi brandrissie (klein, gekap)

1 - 2 sitroengrasstingels (lemon grass, gekneus)

250 g knopiesampioene (in dik skywe gesny)

150 g baba-knopiesampioene (gehalveer)

250 g portabellini sampioene (in dik skywe gesny)

100 g groenboontjies (in breedte gehalveer)

sout, peper en suurlemoensap (na smaak)

60 ml koljanderblare (vars, gekap)

Metode

1. Plaas die helfte van die vloeistof in ’n kastrol (bv. ’n AMC 20 cm Gourmet Low or High). Plaas die knoffel, brandrissie, gemmer en sitroengras in die vloeistof en verhit oor ’n matige hitte.
2. Prut stadig vir 10 minute tot aromaties. Roer die res van die vloeistof by en verhit tot kookpunt.
3. Verlaag die hitte, roer al die sampioene by en prut stadig met die deksel vir 5-8 minute of tot die sampioene gaar is, maar nie pap nie.
4. Roer die boontjies by en prut nog vir 2-3 minute of tot die boontjies net geblansjeer is. Geur na smaak.
5. Roer die koljander by net voor dit voorgesit word. Bedien die kerrie met ’n verfrissende JAZZ™ Appel-sambal (sien wenke) en suurlemoenwiggies. Garneer met ekstra koljanderblare.

Wenke:
1. JAZZ™ Appel-sambal: Sny 1-2 JAZZ™ Appels met die skil, in blokkies. Meng avokado, wat ook in blokkies gesny is, dun skyfies sprietuie en ’n handvol koljanderblare by die appel. Geur na smaak met suurlemoensap.
2. Indien verkies, kan die brandrissie reeds in stap 3 uitgehaal word, om ’n minder skerp smaak aan die kerrie te gee.
3. Indien klappermelk nie beskikbaar is nie, kan 400 ml melk en 60 ml (¼ k) gedroogde klapper saam gemeng word. Laat 20-30 minute staan om die melk te geur en gebruik dan soos hierbo.
4. Indien verkies, kan die kerrie met mielieblom verdik word. Meng 5-10 ml (1-2 t) mielieblom met ’n bietjie water om ’n pasta te vorm. Roer van die warm vloeistof by die pasta en dan by die kerrie. Laat ’n paar minute prut, sit dadelik voor.

Kampkos_warm_hoendervlerkies
Kampkos Logo
2018-05-10

Zanzi se warm hoendervlerkies

Gewildste Resepte