Logo

Gnocci met Jan Braai Varkwors

19 Desember

Braai

2

Soos gesien in 'n episode van Jan Braai

Episode 25   Gnocchi
Bestanddele

Vir die gnocci:

1 kg Aartappels

2 koppies Meel

1 Eier

Kookwater

Vir die sous:

1 sopie Botter

1 sopie Olyfolie

2 huisies Knoffel gekneus

1 houer Jan Braai Varkwors vleis uitgedruk uit die derms

1 koppie Vars room

1 koppies Gevriesde ertjies

Metode
  1. Skil die aartappels (jy het reg gehoor, ek het in ’n geskil betrokke geraak) en sny hulle in kwarte.
  2. Kook die aartappel in soutwater tot baie sag. Hulle moet as’t ware begin kraak. Gooi die water af en druk hulle baie fyn met ’n aartappeldrukker of ’n vurk. Laat die fyngedrukte aartappels (wat ons in ’n ander resep kapokaartappels sou noem) afkoel. Hulle hoef nie yskoud te wees nie – net heeltemal afgekoel en koud genoeg dat dit nie die eier in die volgende stap gaarmaak nie. Ons praat hier van ’n afkoeltyd van so ’n halfuur, nie ’n halwe dag nie.
  3. Voeg die eier by die afgekoelde aartappels en roer dit met ’n vurk in totdat alles gemeng is.
  4. Was nou jou hande en gooi een koppie meel by. As jy iemand is wat wil inmeng, hier is jou kans. Met ’n skoon hand meng jy die meel ordentlik by die aartappels in. Volgende gooi jy die ander koppie meel by en meng hom ook ordentlik in.
  5. Sodra jy ’n ferm, sagte stuk “aartappeldeeg” het, vat ’n homp deeg op’n slag en rol dit in die vorm van ’n worsie op ’n snyplank wat jy vooraf met meel bestrooi het. Basies moet elke stuk soos ’n spierwit, dun boerewors lyk.
  6. Sny nou die aartappeldeeg-worsies in kleiner stukke van so 2 cm elk en rol elkeen versigtig in meel. Jy moet elke stukkie liggies met meel bedek anders gaan hulle aan mekaar vasklou.
  7. Kry ’n pot water op die vuur aan die kook. Dis water vir later – ons gaan oor ’n rukkie die gnocchi daarin kook. Gebruik jou hande en druk die vleis uit die derms van die boerewors.
  8. Sit ’n ander groterige vuurvaste pan of potjie op die kole en gooi die botter, olie, ui en boerewors vleis daarin. Roerbraai die ui en worsvleis tot hulle vir jou lekker lyk en gooi dan die knoffel by.
  9. Kort nadat die knoffel bruin raak, skuif jy die potjie of pan na ’n plek met ’n bietjie minder hitte en voeg die room en ertjies by. Gebruik ’n houtlepel en roer die spulletjie.
  10. Sodra die room in die pan is, gooi die gnocchi in die pot kookwater wat jy netnou aan die gang gekry het. Die gnocchi gaan baie vinnig gaar word, binne ’n minuut of twee. Sodra ’n gnocchi-stukkie reg is, gaan hy op die oppervlak begin dryf.
  11. Skep die gaar gnocchi-stukkies in ’n vergiettes (’n strainersoos die Engelse sal sê) en dan in die pan met die sous, of gebruik sommer net ’n gaatjieslepel en skep hulle netso uit die kookwater uit en by die sous in.
  12. Sodra al die gnocchi in die sous is, roer die spulletjie versigtig rond sodat die gnocchi met die sous bedek is en laat dan prut vir ’n minuut of vyf totdat dit vir jou lekker lyk.
  13. Bedien met pietersielie of sommer netso.
Episode 24   Mustard and Caper Burger
Jan Braai
Sub Titel

Mosterd- en kappertjiesaadburger

Gewildste Resepte