Logo

Lamsnek ragu

14 November

6 persone

Braai

3

Soos gesien in 'n episode van Jan Braai

Episode 20   Lamsnek Ragu
Bestanddele

Vir die lam:

2 Heel lamsnekke

1 blik Gekapte tamaties

Sout & Peper

1 stokkie Seldery gekap

1 Wortel in blokkies gekap

1 Ui opgekap

Vars Kruie

1 koppie Rooiwyn

Vir die ragu:

50 g Tamatiepasta

1 houer Portabelini sampioene opgekap

1 Rooi brandrissie opgekap

1 koppie Rooiwyn

1 pak Tagliatelle pasta

Parmasaankaas

Metode
  1. Sit die lamsnekke in jou potjie en geur met sout en peper.
  2. Gooi die blikkie tamaties, opgekapte ui, seldery en wortel by, asook die vars kruie.
  3. Gooi die rooiwyn oor al die bestandele, sit die deksel op die pot en sit die potjie op die vuur. Laat die potjie stadig prut op medium hitte vir 2 - 3 ure. Die vleis moet sag gekook wees en van die been afval, dan is dinge reg.
  4. Haal die potjie van die vuur af en haal die nekke versigtig uit die potjie, gebruik 2 vurke en haal al die vleis van die bene af. Gebruik ‘n groot opskeplepel en verwyder die boonste laag vet van die inhoud wat in die potjie oorbly. Verwyder ook die oorblyfsels van die vars kruie. En hou die res van die sous nou reg vir die volgende stap.
  5. Gooi nou die tamatiepasta, sampioene, brandrissie en al die vleis terug in die potjie.
  6. Gooi n koppie rooiwyn by die vleismengsel, rosr alles saam en sit die potjie weer terug op die vuur. Die inhoud moet reg deur warm wees en weer stadig begin prut. Indien jy dink dinge lyk effe droog, voeg n bietjie water by.
  7. Kook jou pasta volgens die instruksies op die verpakking, terwyl jy die vleispotjie weer aan die gang kry.
  8. Voeg die gaar pasta by jou ragu and bedien reguit van die potjie met ekstra parmesankaas.
Nacho burger
Jan Braai
Sub Titel

Nacho Burger

Gewildste Resepte