Logo

Koffie, dadel en kardemom biscotti

21 November

40 biscotti

Gebak

4

Soos gesien in 'n episode van Net Koffie

Biscotti
Bestanddele

125 g Sagte botter

375 ml Witsuiker

45 ml Espresso

2 Eiers geklop

625 ml Koekmeel

7,5 ml Bakpoeier

5 ml Fyngemaalde kaneel

5 ml Fyngemaalde kardemom

250 g Gedroogde dadels gehalveer

Metode
  • Verroom die botter en suiker goed met ‘n elektriese klitser se
  • Voeg 45ml espresso by die verroomde mengsel, meng totdat dit goed geïkorporeer is
  • Voeg die eier by en meng goed
  • Sif die meel, bakpoeier en spesery bymekaar en voeg dit by die mengsel, meng om te kombineer
  • Voeg die dadels by en meng totdat dit geïnkorporeer is. Die mengsel gaan sag wees op hierdie stadium.
  • Gebruik nat hande en verdeel die mengsel in die stawe, albei omtrent 30cm lank, en plaas dit op ‘n voorbereide bakplaat. Los genoeg spasie vir die stawe om te versprei.
  • Bak teen 180°C vir 20-30 minute totdat ‘n tandestokkie skoon uitkom nadat dit ingedruk is.
  • Los om af te koel
  • Sny elke staaf in ongeveer 20 snye elk
  • Plaas die snye plat op ‘n bakplaat.
  • Bak teen 140°C vir 6 minute. Verwyder dit van die oond en draai elke koekie om en bak weer vir nog 6 minute. Verwyder van die oond en verkoel heeltemal.
  • Stoor in ‘n lugdigte houer.
Coffee Jelly
Net Koffie Poster 924x1360
Sub Titel

Japanese koffiejellie

Gewildste Resepte