Logo

Lensie- en sampioenfrikadelle

Italiaans

4

Soos gesien in 'n episode van Toegang

IMG 6943
Bestanddele

Vir die frikadelle:

5 eetlepels Druiwepitolie

1 Ui gekap

2 huisies Knoffel gekap

250 g Bruin sampioene gekap

2 blikke Lensies gedreineer

1/2 koppie Vars Pietersielie gekap

1/2 teelepel Fyn komyn

1/2 teelepel Gedroogde oreganum

Seesout

Swartpeper grof gemaal

1 Eier geklits

2 eetlepels Meel

5 eetlepels Parmasaankaas gerasper

Vir die sous:

2 eetlepels Druiwepitolie

1 Ui gekap

2 huisies Knoffel gekap

1 blik Gekapte tamaties

1/2 glas Rooiwyn

1 eetlepel Suiker

Seesout

Swartpeper grof gemaal

20 g Vars basiliekruid

ekstra Basiliekruidblare

Metode

Vir die frikadelle:

  • Verhit 2 eetlpl olie in pan en sweet uie en knoffel vir 10 minute oor medium hitte
  • Voeg gekapte sampioene by, verhoog hitte effens en braai tot sampioene gaar is
  • Plaas lensies in mengbak, roer uie en sampioene by
  • Meng pietersielie, komyn en oreganum by
  • Geur met sout en peper
  • Meng geklitste eier by
  • Meng meel by
  • Meng parmesaan by
  • Vorm klein frikadelletjies, ongeveer 18, té groot en dit sal breek
  • Verhit 2 eetlpl druiwepitolie in pan en braai 6 frikadelle op ’n slag tot goudbruin aan albei kante
  • Hou warm

Vir die sous:

  • Verhit olie, uie en knoffel in pan
  • Braai oor medium hitte totdat ui begin sag raak
  • Voeg geblikte tamatie, rooiwyn en suiker by
  • Laat prut vir 10 minute
  • Kap basiliekruid fyn, roer helfte by sous en laat prut vir 5 minute
  • Geur met sout en peper
  • Roer res van basiliekruid by
  • Skep 2 eetlpl sous op bodems van 6 opdienbakkies of borde
  • Rangskik frikadelletjies bo-op sous in elke bakkie of bord
  • Garneer met ekstra basiliekruid
IMG 7109
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Lemoenskilkoekies

Gewildste Resepte