Logo

Somerpasta

16 November

6 persone

Italiaans

3

Soos gesien in 'n episode van Toegang

IMG 6967
Bestanddele

1 eetlepel Druiwepitolie

18 Jong tamaties

900 g Penne pasta

Seesout

200 g Jong spinasieblare

80 g Roketblare

2 eetlepels Groen pesto

2 eetlepels Vars room

2 eetlepels Parmasaankaas gerasper

Swartpeper grof gemaal

Olyfolie

Balsamreduksie

ekstra Parmasaankaas

Metode
  • Verhit olie in pan en braai tamaties totdat velletjies net begin bars, hou warm
  • Kook pasta in liggies gesoute water (Ek voeg ’n paar druppels knoffel-olie by)
  • Wanneer pasta net-net al dente is, plaas deksel oor en keer om oor wasbak,
  • laat loop byna al die water uit, behou ’n paar eetlepels
  • Verlaag hitte en plaas pasta terug op stoofplaat
  • Roer dadelik spinasie en helfte van roket by
  • Roer pesto en room by
  • Roer gerasperde Parmesaan by
  • Geur met sout en peper
  • Skep in plat opdienbak
  • Rangskik die res van die roket bo-op
  • Bedrup roket met olyfolie en balsamreduksie
  • Gebruik ’n groenteskiller en sny ’n paar velletjies Parmesaan bo-oor
IMG 6943
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Lensie- en sampioenfrikadelle

Gewildste Resepte