Logo

Oggend Ibrik koffie

28 November

Italiaans

5

Soos gesien in 'n episode van Net Koffie

Morning Ibrik coffee
Bestanddele

200 ml Ibrik

18 g Fyngemaalde koffie

40 ml Lemoensap vars gedruk

3 g Bruinsuiker

1 knippie Neutmuskaat

Metode
  • Maal 18g koffie fyn totdat dit amper ‘n poeier vorm
  • Die koffie moet vars gerooster wees en verkies ‘n ibrik kwaliteit
  • Coffee Excellence Legacy Blend word aanbeveel
  • Gooi die koffie in die ibrik in, voeg 40ml vars lemoensap, 3g bruinsuiker en ‘n knippie neutmuskaat by.
  • Voeg daarna 120g kamertemperatuur water by die mengsel.
  • Roer die mengsel en plaas die ibrik op ‘n stoofplaat. Indien jy ‘n gasstoof gebruik, draai die vlam tot op medium. Indien jy ‘n elektriese stoof gebruik, stel die plaat op medium hitte.
  • Wag totdat die skuim rys en die “eerste asem” vat. Verwyder van die hitte en skink in ‘n koppie. Wag ‘n verdere twee minute en geniet die ongelooflike verfrissende drankie.
Biscotti
Net Koffie Poster 924x1360
Sub Titel

Koffie, dadel en kardemom biscotti

Gewildste Resepte