Logo
HP Toks
web uni tv guide

Toks & Tjops

144GeselsprogramPG

Met Fundracer kan jy geld vir liefdadigheid in die 40ste Kaapstad-fietstoer lostrap

Nuus
07 Maart 2017
’n Nuwe aanlyn portaal maak dit veel makliker om deur middel van die Kaapstad-fietstoer ’n welsynsorganisasie te ondersteun.
CAPE TOWN CYCLE TOUR

’n Nuwe aanlyn portaal maak dit veel makliker om deur middel van die Kaapstad-fietstoer ’n welsynsorganisasie te ondersteun.

Die meer as 35 000 deelnemers wat vir die 40ste Kaapstad-fietstoer geregistreer het, word uitgedaag om elke kilometer te laat tel en ry-ry geld vir liefdadigheid in te samel.

Die aanlyn liefdadigheidsportaal Cape Town Cycle Tour Fundracer is in samewerking met die Cape Argus, Pick n Pay en Momentum ontwikkel. Dié webportaal stel geregistreerde deelnemers aan die Kaapstad-fietstoer in staat om ’n eie profiel saam te stel en dan vriende, familie en lede van die publiek te vra om hul rit te borg. ’n Loodsprojek, wat in 2016 van stapel gestuur is om hierdie nuwe platform te toets, het R70 000 in minder as drie weke ingesamel.

Daar is 22 welsynsorganisasies om van te kies. Hierdie organisasies fokus op drie verskillende velde – gemeenskap, omgewing en gesondheid. “Al hierdie liefdadighede is spesifiek uitgesoek sodat daar genoeg verskeidenheid is en sodat jy presies kan weet waarheen jou geld gaan wanneer jy deur middel van hierdie platform ’n skenking maak,” verduidelik David Bellairs, hoof van bemarking, media en borgskappe by die Cape Town Cycle Tour-trust.

“Ons hoop dat dit van hier af sal groei – soveel so dat al die welsynsorganisasies wat deur die Kaapstad-fietstoer ondersteun word, eendag op hierdie platform verteenwoordig sal wees,” voeg Bellairs by. “Baie mense samel deur middel van dié fietstoer geld vir hul gunsteling-liefdadighede in. Daar was egter nie voorheen ’n manier om vas te stel hoeveel geld, tot die laaste sent, deur die Kaapstad-fietstoer vir liefdadigheid ingesamel is nie.”

Enige fietsryer wat ingeskryf het vir die 2017 Kaapstad-fietstoer, kan ’n Fundracer-fondsinsamelaar word. Dit neem minder as vyf minute om te registreer:

1. Besoek die Fundracer-webportaal: http://ctctfundracers.co.za/
2. Teken in as Fundracer – registrasie is gratis, vinnig en maklik.
3. Soek ’n liefdadigheid uit waarvoor jy wil ry. (Slegs liefdadighede wat reeds op die webwerf gelaai is, kan gekies word – nuwe organisasies kan nie bygevoeg word nie.)
4. Deel jou profielskakel op sosiale media saam met die amptelike hutstekens: #CycleTour2017, #40Years40Reasons en #CTCTFundracers.

As jy nie een van die deelnemers is nie, kan jy een van die Fundracer-fietsryers wat vir ’n liefdadigheid ry, ondersteun of direk ’n skenking maak aan die liefdadigheid van jou keuse.

Vir meer inligting, stuur e-pos na: [email protected]

Die bekendes wat saam met Toks en Tjops aan die Cape Town Cycle Tour gaan deelneem is uiteindelik gereed om te trap vir liefdadigheid! Kyk die video.