web uni tv guide
Jou paspoort met Gerrie S1 SP BB
web uni tv guide

Jou Paspoort Met Gerrie

144LeefstylPG
Jou paspoort met Gerrie S1 Poster

’n Nuwe reisreeks van vier episodes, "Jou paspoort met Gerrie", word van Saterdag 25 November om 18:30 op kykNET uitgesaai. Elkeen van die episodes fokus op van Gerrie se grootste en gewildste reise wat hy die afgelope 12 jaar beleef het. 

S1 | E4
16 Desember 18:30
'S1/E4 of 4'. Per vliegtuig, per trein en per boot! Gerrie kyk terug na die beste avonture op die water.

Reise en spyse: Jan Braai en Gerrie Pretorius terug op die lug

News
09 November 2023
Jan Braai en Gerrie Pretorius is terug op die lug met "Jan Braai Weskus" en "Jou paspoort met Gerrie".
Article Image jan Braai Gerrie Pretorius

Die woord wanderlust, oorspronklik Duits, beteken volgens die woordeboek ’n sterk, onoorwinklike begeerte om rond te swerf, te reis, ’n ewige swerflus. 

As daar ’n man is wat hierdie woord ter harte neem, is dit Gerrie Pretorius. Leef jou reis is reeds sedert 2011 een van kykNET se gewildste reisprogramme en die sanger en aanbieder sê steeds nie nee wanneer hy die geleentheid kry om sy tas te pak nie. 

’n Nuwe reisreeks van vier episodes, Jou paspoort met Gerrie, word van Saterdag 25 November om 18:30 op kykNET uitgesaai. Elkeen van die episodes fokus of van Gerrie se grootste en gewildste reise wat hy die afgelope 12 jaar beleef het. 

Die vier programme is: 

Antarktika

Die afgesonderde en gevriesde landskap van Antartika met sy ongetemde natuurskoon gaan kykers se asems wegslaan. 

Local is lekker

Gerrie en die span gaan kuier op Tswalu, ’n juweel van die Kalahari en Suid-Afrika se grootste privaat-wildreservaat. Dit is hier waar die Michelin-bekroonde sjef Jan van der Westhuizen sy kulinêre droom, Klein Jan, kom vestig het en kykers gaan die voorreg hê om ’n persoonlike reis saam met Jan te neem. 

Sisilië

Bonjourno! Hierdie eiland aan die voetpunt van Italië, is enige reisiger se droom. Nie net is die kos smullekker nie, daar is ook oorgenoeg kultuur en selfs die vroeë voetspore van die mafia.

Le Boat, Skotland

Gerrie reis saam met Le Boat deur Skotland se mere en beleef die eeu-oue kastele en die land se beste whiskeys. Die span woon selfs ’n militêre tatoe by met al die tradisies waarmee dit saam gaan.

 

Jan Braai is ook terug op die lug vanaf Saterdag 18 November 19:30 met sewe episodes van Jan Braai Weskus. Elke uithoek van ons land het sy eie natuurskoon, mense eie aan die streek en geregte en bestanddele wat geken word aan sekere streke. 

In Jan Braai Weskus toer die span van Alexanderbaai tot in Kaapstad en plaaslike inwoners leer hom alles wat daar is om te weet van die Weskus. Ander plekke wat in die onderskeie episodes besoek word, sluit in Hondeklipbaai en Lutzville, Strandfontein en Doringbaai, Lambertsbaai en Elandsbaai, Dwarskersbos en Velddrif, St. Helenabaai en Jacobsbaai, en dan van Saldanhabaai tot in Kaapstad vir die finale episode. 

Nog Programme

DStv Catchup
Met n huppel in die stap S17 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 22 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Rugby of niks Poster

Rugby Of Niks

20:00 | 22 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Lekker en goed S1 Poster

Lekker & Goed

17:30 | 23 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Klein paradys S1 Poster duos

Klein Paradys

20:00 | 23 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Mal Kamper S4 Poster

Mal Kamper

18:30 | 25 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Stralend S2 Poster

Stralend

18:00 | 26 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Herders

Herders

20:00 | 26 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Hier gaan ons alweer S23 Poster

Hier Gaan Ons Alweer

17:30 | 27 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Elders: Ligtoringroete

Elders

20:00 | 27 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Die ondernemers Poster

Die Ondernemers

21:30 | 28 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Kokkedoor Vuur Vlam

Kokkedoor: Vuur en Vlam

20:00 | 06 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144