Logo
Hartklop slim bb
web uni tv guide

Hartklop

144Drama16 L

Tussen tonele met Jacques Bessenger

Nuus
22 Maart 2024
Jacques Bessenger vertel ons wie hom inspireer, wat hy altyd saam stel toe vat en veel meer!
Jacques Bessenger

Watter items gaan ten alle tye saam met jou stel toe? (Items waarsonder jy nie kan lewe nie) 

’n GROOT bottel water, peppermente, my selfoon, en iets om te eet (sweets).

Indien jy kan, watter een van die karakters wat jy al vertolk het was jou gunsteling en hoekom? 

Daai’s altyd moeilike om te beantwoord, maar ek gaan my heel onlangse een uitsonder. Ryno in Koek, was net soveel pret om ietwat oordrewe te wees en bietjie komedie te doen. Ek het baie gelag saam met die akteurs.



Watter rol het jou al die meeste uitgedaag in jou loopbaan en hoekom? 

Ruan van Wyk in ’n nuwe reeks Een keer om die son. Hy gaan op ’n ongelooflike moeilike emosionele reis. Was moeilik om ’n balans te vind tussen realisme en drama wat die storie vereis.

Anders was daar Renier in Erfsondes, om ’n reeksmoordenaar oor ’n paar seisoene te speel het my op my tone gehou.

Het jy onlangs iets geleer by ’n ander akteur/ persoon op stel wat jou geïnspireer het? 

By Sandra Prinsloo en Lida Botha, al twee ikone. Gee altyd jou beste maar weet waar jou perke is.



Saam met watter persoon in die industrie sal jy nog mee wil werk eendag? 

Ek was al baie gelukkig dat ek saam met groot name kon werk maar ek sal graag nog saam met Oliver Hermanus wil werk.

Is daar ’n fliek of reeks op kykNET/Showmax wat jy onlangs gesien het waar jy gedink het jy sal nogals graag daarin wil speel? 

Nêrens Noordkaap. Nico Scheepers is ’n genie, die storie word so mooi vertel. Sou graag wou betrokke wees. 

Hoe motiveer jy jouself nadat jy ’n moeilike dag agter die rug het? 

Vat ’n diep asem, drink ’n koppie tee en dink aan niks vir ’n paar oomblike, dan herinner ek myself aan waarmee ek besig is en hoekom ek dit doen. 



Wat is jou motto in die lewe? 

Verwag niks, wees voorbereid vir enige iets. 

As jy enige ander celebrity moet speel, plaaslik of internasionaal, wie sal dit wees en hoekom? 

Benedict Cumberbatch, bloot omdat mense ek lyk soos hy. Of Johannes Kerkorrel. Hy was ’n baie geheimsinnige mens maar steeds talentvol. Wat hy vir die musiekindustrie beteken het was grensverskywend. Dink dit sal baie uitdagend wees om lewe aan hom te gee.



Jacques is te sien in Die byl, Hartklop, Donkerbos en Blindelings wat jy nóú kan stroom op DStv Stream!