Logo
Showpage Billboard 1600x800
web uni tv guide

Hannes Aan Huis

144LeefstylPG13 L

Sit neer die remote – dis mos KIE dié!

Nuus
26 April 2024
Nie net het kykNET&kie (DStv-kanaal 145) op 1 April ’n splinternuwe voorkoms gekry nie, die aangepaste skedule gaan ook vanaf 7 Mei weer eens wys waarom dié kanaal een van die gewildstes is.
kykNET&kie

kykNET&kie het sedert die eerste uitsending op 9 April 2013 nie net die room van kykNET se programme gewys nie, maar ook gesorg vir nuwe inhoud wat eksklusief vir kykNET&kie vervaardig is. Die bekroonde Suidooster, wenner van die Safta in 2022 vir die beste sepie, en die telenovela Arendsvlei het eg Suid-Afrikaanse stories na kykers gebring, ’n rits nuwe talentvolle akteurs in die kollig geplaas en vir ’n reuse-inspuiting in die plaaslike TV-bedryf gesorg. Dan is daar programme soos Sê jou sê, KLOP! en die oorgeklankte Turkse telenovelas wat kykers aan die gons hou.

kykNET&kie se skeduleverandering in Mei sal kykers saans die luukse gee om met uitstekende vermaak terug te sit en te ontspan.

So, sit neer daardie remote control en geniet prima-kykstof in premiumtyd.

  • Binnelanders se twaalfde seisoen begin op Dinsdag 7 Mei om 17:30. Die reeks word van Maandae tot Vrydae uitgesaai.
  • Diepe waters se eerste seisoen is van Dinsdag 7 Mei om 18:00 te sien. In die eerste week word daar ook ’n episode op Vrydag 10 Mei uitgesaai, maar daarna is dit van Maandae tot Donderdae op die lug.
  • Suidooster is steeds van Maandae tot Vrydae om 18:30 op die kassie.
  • Arendsvlei bly van Maandae tot Donderdae in die 19:30-tydgleuf. Die laaste episode van dié grensverskuiwende telenovela, wat vir ses seisoene en 160 episodes gesorg het, word einde Junie uitgesaai. Dit word direk opgevolg deur ’n nuwe telenovela, Skemergrond, wat op Maandag 1 Julie om 19:30 begin. Skemergrond speel af in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hulle prag-blomplaas.

Die Turkse telenovela Skerpioen se laaste episode word op Maandag 6 Mei om 20:00 uitgesaai. Moederhart, wat tans Maandae tot Donderdae om 17:30 uitgesaai word, skuif van 7 Mei na die 20:00-tydgleuf, maar is steeds van Maandae tot Donderdae op die lug. Hou die nuus dop vir ’n aankondiging oor ’n nuwe Turkse telenovela wat begin wanneer Moederhart tot ’n einde kom.

Ander programme op kykNET&kie wat op elke goeie kyklysie hoort, sluit in:

  • Medies (Dinsdae om 21:30)
  • KLOP! (Sondae om 18:00)
  • Sê jou sê (Sondae om 19:00)
  • Superrugby (Maandae om 21:00)
  • Toks & Tjops (Vrydae om 20:00)
  • eNuus (daagliks om 19:00)
     

Superrugby, Toks & Tjops en eNuus word al drie gelyktydig ook op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.