Logo
web uni tv guide

Stralend

144LewensstylPG13

Tussen tonele met Angelique Gerber

Nuus
13 April 2024
‘n Koppie koffie met Angelique Gerber tussen tonele? Lees dan dié artikel.
Angelique Gerber

Angelique Gerber is nie een vir stilsit nie. Lees hier om meer uit te vind waarmee dié talentvolle aktrise en aanbieder alles besig is.

Watter items gaan ten alle tye saam met jou stel toe?

My waterbottel en selfoon.

Indien jy kan, watter een van die karakters wat jy al vertolk het was jou gunsteling en hoekom?

Clara, in 7de Laan, sal my altyd na aan die hart bly, dit was my eerste rol en dit het die deure vir my oopgemaak. 

Watter rol het jou al die meeste uitgedaag in jou loopbaan en hoekom?

Lucy, in Diepe waters, omdat ek glad nie soos sy is nie, ek moes dit baseer op iemand anders en ek het gesukkel om my met haar te vereenselwig, maar darem toe ‘n konneksie met haar gevind. 

Het jy onlangs iets geleer by ’n ander akteur/ persoon op stel wat jou geïnspireer het?

Lizz Meiring – sy is ongelooflik professioneel en talentvol en steeds plat op die aarde; sy skep ook haar eie werk.

Saam met watter persoon in die industrie sal jy nog mee wil werk eendag?

Frank Rautenbach, hy is talentvol en ek hou daarvan dat hy ‘n familie man is en lief is vir die Here.

Is daar ’n fliek of reeks op kykNET of Showmax wat jy onlangs gesien het waar jy gedink het jy sal nogal graag daarin wil speel?

Al kykNET se reekse en sepies, ja. 😅

Hoe motiveer jy jouself nadat jy ’n moeilike dag agter die rug het?

Alles wat ek doen, doen ek vir die Here: Hy gee my die geleenthede en platform, ek lewe my droom en passie uit en ek is dankbaar vir dit. Dankbaarheid vervang negatiewe gevoelens en ek is dankbaar vir ALLES in my lewe, maar die meeste vir my kinders. 

Wat is jou motto in die lewe?

Jou gedagtes word woorde en jou woorde skep jou toekoms.

As jy enige ander celebrity moet speel, plaaslik of internasionaal, wie sal dit wees en hoekom?

Julia Roberts, net omdat ons hare dieselfde is. 🫣

Skakel in vir Stralend Maandae om 21:30  en gaan stroom nou Diepe waters op DStv Stream om Lucy beter te leer ken. Gesels gerus saam op Facebook, X, TikTok en Instagram