Logo
web uni tv guide

Stralend

144LewensstylPG13

Fafa de Klerk laat vrouens straal – Stralend

Nuus
18 April 2024
Fafa is omtrent soos die goeie feetjie wat aspoestertjie in ‘n prinses omtower het, maar daar is soveel meer aan dié bekende grimeerkunstenaar.
Fafa de Klerk Stralend Article Image

Fafa de Klerk is een van die beste grimeerkunstenaars in die land en het al tonne van jou gunsteling-celebrities se grimering gedoen. Ons het met hom gaan gesels oor make-up, innerlike skoonheid en Stralend.

Waar kom jou passie vandaan om mense te help mooi maak?

Ek het al vandat ek onthou ‘n groot passie vir mense en veral om mense óf te laat lag óf goed te laat voel oor hulleself, so toe die geleentheid gekom het vir my om grimering en alles in die skoonheid-industrie aan te pak; toe weet ek dat dit is waar ek moet wees en wat ek met my lewe moet doen. My passie is mense, so dié werk is my alles. 😊

Hoe het jy in die bedryf begin werk?

Ek het al op Hoërskool begin grimering doen as ‘n vorm van kuns en self-expression.  

Na skool, nadat ek mode-ontwerp probeer swot het en geswot het om ‘n haar stilis te word, het ek altyd terug gedraai na my regte liefde: Grimering, ek het toe vir ‘n apteek groep gewerk, Van Heerden Apteek in Parkview mall in Pretoria, toe vir Chanel in Menlyn se Edgars, toe vir Mac Cosmetics in Sandton en het van daar af na die Mac Cosmetics geskuif in Menlyn. Daarna was ek by Urban Decay waar ek vir nogal ‘n hele tydjie gewerk het.

Ek het toe in 2019 bedank en besluit om op my eie te gaan en net nooit terug gekyk van daar af nie. Ek was geseënd met kliënte wat in my geglo het; ek het elke geleentheid gevat wat ek kon en harde klippe gekou om vandag hier te wees met die hulp van amazing vriende, familie en definitief ongelooflike kliënte. 🤍

Wie is die mees bekende persoon wie se grimering jy al gedoen het?

Ek’s baie blessed dat ek meeste van ons land se mooistes en bekendes se grimering al kon gedoen het en nog meer geseënd dat baie van dié mense vandag baie spesiale vriendskappe geword. 😊

Daar is net te veel name om te noem. 🤣🤍

Wat is die mees memorable make-up ervaring wat jy al gehad het?

My mees memorable make-up sal altyd wees toe ek my beste vriendin en soul mate se make-up gedoen het vir haar troue, waar ek ook haar maid of honour was.

Haar naam was Cherise en sy is – en was – die mees spesiale mens in my lewe: Sy is ongelukkig op 18 Julie 2023 oorlede en dit is by ver die grootse verlies van my lewe, maar ek lewe elke dag en bly sterk.  🤍

Watter grimering moet elke vrou in haar grimering-sakkie hê?

Definitief ‘n waterproof mascara, lipgloss en ‘n eyeliner. 🤍

Wat is die mees algemene fout wat jy sien vrouens maak met hulle grimering?

Dat hulle onderlaag nie hulle vel pas nie, of dat hulle geneig is om net ‘n algemene kleur en texture te gebruik want hulle het dit gesien op ‘n vriendin of Instagram.

Dames toets julle onderlaag op julle gesig en nie julle hande nie. 🙏

Wat is jou gunsteling tipe grimering om te doen op kliënte?

Sho, dis te moeilik, alles hang af van die kliënt en die geleentheid, maar ek is baie lief vir ‘n soft glam. 😊🤍

Wat is jou wenk of raad vir elke persoon om hulle innerlike skoonheid te laat uit skyn?

My grootse wenk is om jouself te wees en te glo dat jy verdien om gelukkig te wees; en dat daar net een van jou op die hele planeet is – dit maak jou so ongelooflik spesiaal. En onthou wat ander mense dink van jou is absoluut niks van jou besigheid nie: Jy verdien om gelukkig te wees en lief te wees vir jouself.  🤍

Skakel Maandae om 21:30 in vir splinternuwe episodes van Stralend en onthou om ook saam te gesels op Facebook, X, Instagram en TikTok.