web uni tv guide
Die laaste tyd met Aleit HP BB
web uni tv guide

Die Laaste Tyd Met Aleit

144GeselsprogramPG13 L

seisoen

Die laaste tyd met Aleit Poster

Ons vier die lewe van 'n legende, kyk terug op sy mooiste oomblikke en ontdek selfs een van sy grootste vrese. Sy kollegas, produksiespan en vriende onthou die ongelooflike mens wat hy was.

S1 | E13
24 September 18:00
'S1/E13 of 13'. Akteur Tim Theron kom gesels met Aleit oor sy werk en familie. Ons gaan agter die skerms van #aleitaptei...

Die laaste kosbare tyd met Aleit

News29 Junie 2022
Lees meer.
Die laaste tyd met aleit

Wyle Aleit Swanepoel se laaste reeks, Die Laaste Tyd met Aleit, word vanaf Saterdag 2 Julie 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Die nuus van Aleit se afsterwe op Sondag 15 Mei 2022 het skokgolwe deur die land gestuur en medelye het uit alle oorde ingestroom. Die man met die breë glimlag se stem het onverwags, oornag stil geword. Hy en sy span het egter die verfilming van wat nou die laaste seisoen van Tyd met Aleit sal wees, ’n week voor sy dood voltooi. 

Daar is besluit om ter ere van Aleit se vol en vrygewige lewe voort te gaan met die uitsending van die reeks. “Ek glo dit is belangrik om klaar te maak waarmee ons begin het – Aleit sou niks minder van ons verwag nie. Die Laaste Tyd met Aleit is ’n geleentheid vir Aleit om vir 13 weke in mense se sitkamers voort te leef,” sê Jorrie van der Walt, vervaardiger van die reeks. Die laaste seisoen word met toestemming van Aleit se naaste familie uitgesaai.

“Ons voel geëerd dat ons deel van dié spesiale produksie kon wees. Aleit was nie net die stigter van die Aleit-groep nie, maar ook die hoeksteen van die besigheid, en daarvoor salueer ons hom,” sê Hans Roosenschoon van The Aleit Group, ‘n borg van Die Laaste Tyd met Aleit, in samewerking met Empty Canvas Productions, a|CREATE en The Aleit Academy.

Die eerste episode van Die Laaste Tyd met Aleit fokus op die herdenking van Aleit – die ongelooflike mens wat hy was en sy groter as lewensgroot persoonlikheid wat almal op skerm leer ken het. Dié episode bestaan uit onderhoude met kollegas, vriende en die produksiespan.

“Kykers sal Aleit agter die skerms leer ken en ook die impak sien wat hy op so baie mense se lewens gehad het,” vertel Jorrie van der Walt. “Daar is heelwat terugflitse van vorige seisoene, maar ook nuwe materiaal, soos waar Aleit uitgedaag word om sy vrees vir slange te oorkom. Daar is trane, maar ook baie lag in dié episode.”

In die res van Die Laaste Tyd met Aleit, wat uit 13 episodes bestaan, besoek Aleit ’n verskeidenheid van alledaagse mense wat uitdagings in hul lewens oorkom het of wat ’n verskil in die wêreld maak.

Daar is inspirerende stories – soos dié van Wynand Kotze wat geweier het dat boelies sy lewe oorneem, en Chris Hadebe wat ’n sprong van werkloosheid tot die hoofrol in ’n rolprent gemaak het – maar ook stories van hoop, soos Elmarie Berry wat haar en haar gesin se laaste R100 gebruik het om pasta te maak en te verkoop, wat uiteindelik gelei het tot haar eie kookboek.

Kyk die video hier onder:

Kom reis vir oulaas saam met Aleit. Volg hom op van sy mooiste avonture en verwag die onverwagse. Vier ook só ’n formidabele mens se lewe saam met ons – ’n merkwaardige man wat vir altyd in ons harte sal voortleef.

Die Laaste Tyd met Aleit word vanaf Saterdag 2 Julie 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Nog Programme

DStv Catchup
Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 06 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Op pad met my potjie S2 Poster

Op Pad Met My Potjie

18:30 | 06 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Binnelanders S15 Poster

Binnelanders

19:30 | 06 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Mal kamper S5 Poster

Mal Kamper

18:30 | 07 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Spooksoeker S1 Poster

Spooksoeker

19:30 | 07 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Se jou se S6 Poster

Sê Jou Sê

19:00 | 08 Feb
web uni tv guide
Kanaal
145
DStv Catchup
Die kantoor S1 Poster

Die Kantoor

20:00 | 08 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Groen Namibie S6 Poster

Groen: Namibië

20:30 | 08 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Hier gaan ons alweer S24 Poster

Hier Gaan Ons Alweer

17:30 | 09 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Diepe waters S4 Poster

Diepe Waters

18:30 | 09 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Skemergrond S2

Skemergrond

19:30 | 09 Feb
web uni tv guide
Kanaal
145
DStv Catchup
In Gesprek

In Gesprek

20:00 | 09 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Dikker As Water

Dikker As Water

20:00 | 09 Feb
web uni tv guide
Kanaal
145
DStv Catchup
Ander dam se eende S1 Poster

Ander Dam Se Eende

21:00 | 09 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Een keer om die son S2 Maintenance Poster

Een Keer Om Die Son

20:00 | 10 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Hannes aan huis S13 Poster

Hannes Aan Huis

21:00 | 10 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Overbergbewoners S1 Poster

Overbergbewoners

21:30 | 10 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Met n huppel in die stap S21 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 11 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Beloofde Land

Beloofde Land

20:00 | 11 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Wies nuus met Netwerk24 S6 Poster

Wie's Nuus

21:00 | 11 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144
DStv Catchup
Op my eish S4 Poster

Op My Eish!

20:00 | 12 Feb
web uni tv guide
Kanaal
144