Logo
web uni tv guide

Bravo!

144GlansjoernaalPG13

Tussen tonele met Marciel Hopkins

Nuus
19 April 2024
Ons het haar leer ken op "Boer soek ‘n vrou" en "Bravo!", maar dié talentvolle aanbieder, dra ook ‘n ander hoedjie: Die van ‘n aktrise.
Marciel Hopkins 2024

Marciel Hopkins het ‘n besige tydjie agter die rug, wanneer sy nie op stel is vir Boer soek ‘n vrou en Bravo! nie, is sy ook ‘n aktrise wat motiverings praatjies regoor die land het.

 Watter items gaan ten alle tye saam met jou stel toe?

- My selfoon, want as 'n freelancer het ek dit altyd nodig vir werk en dit is hoe call times/reëlings deurgegee word

- Lip ice/lip gloss

- Oogdruppels

- Hande room

- My script met woorde en notas (pen & highlighter ook)

- 'n Boek om te lees terwyl mens wag tussen tonele

- 'n Warm baadjie

Indien jy kan, watter een van die karakters wat jy al vertolk het was jou gunsteling en hoekom?

Meraai van In die middel van nêrens. Sy was so ver van myself af en vreeslik mislik so dit was vir my 'n lekker om haar te speel, want ek hou van 'n uitdaging.

Watter rol het jou al die meeste uitgedaag in jou loopbaan en hoekom?

Chloë van Klein Karoo 2: Ons het soveel ooreenkomste gehad oor wie ons is en waar ons vandaan kom, dat ek baie hard moes fokus op ons verskille om haar weg van myself te kon speel. Ek moes regtig my Boer soek 'n vrou-hoedjie aansit – nie as aanbieder nie, maar as boer. Alles wat ek al van boere en boerdery geleer het, moes ek gebruik om haar karakter so oortuigend as moontlik te speel. 

Het jy onlangs iets geleer by ’n ander akteur/ persoon op stel wat jou geïnspireer het?

Sean-Marco Vorster het my onlangs op stel herinner hoe belangrik dit is om jou eie grense te beskerm as dit kom by die industrie waarin ons werk. Dit is 'n gee, gee, gee van jouself bedryf, maar mens moet weet waar om die lyn te trek. Ek het gesien hoe maklik dit vir hom is om nee te sê en sy man te staan, so dit het my inspireer om dit meer vir myself ook te doen. 

Saam met watter persoon in die industrie sal jy nog mee wil werk eendag?

Ek wil graag wéér saam met Marguerite van Eeden speel. Ek manifest dat ons sussies sal speel, omdat ons sulke goeie vriendinne is. ;)

Ander wat ook hoog op my lysie is, is Erica Wessels (om teenoor haar te speel), Anna-Mart van der Merwe, Kara du Toit, Rolanda Marais en Amalia Uys. 

Is daar ’n fliek of reeks op kykNET of Showmax wat jy onlangs gesien het waar jy gedink het jy sal nogal graag daarin wil speel?

Ek was in die finale oudisie rondte van Catch Me a Killer op Showmax. Ek wou ontsettend graag daarin speel, juis omdat ek sielkunde studeer het en die storielyn soveel te doen het met mense kennis. My hart was baie seer toe ek nie die rol gekry het nie, maar ek kyk en geniet steeds die reeks! Om teenoor Charlotte Hope te speel in die oudisie kamer was ook 'n reuse voorreg, sy het so groot en positiewe indruk op my gemaak. 

Hoe motiveer jy jouself nadat jy ’n moeilike dag agter die rug het?

Ek gaan oefen in die gym: Dit maak my kop skoon, skei goed-voel hormone af en gee my selfvertroue. As mens 'n ordentlike sweet sessie agter die rug het voel mens outomaties beter en meer gemotiveerd.

Wat is jou motto in die lewe?

My motto vir die industrie waarin ek werk is: Wie nie waag nie, sal nie wen nie. ;)

As jy enige ander celebrity moet speel, plaaslik of internasionaal, wie sal dit wees en hoekom?

Charlize Theron, want sy is Suid-Afrikaans én Afrikaans! Ek dink sy het 'n baie interessante lewens-storie om te vertel. Haar storie het soveel hoop en oorwinning daarin vasgevang van iemand wat bo hulle omstandighede uitgestyg het.

© Alamy

Angelina Jolie, want sy is beeldskoon en 'n fassinerende vrou. Dit sal ongelooflik wees om meer van haar lewe te kan speel en vertel, veral oor die filantropiese werk wat sy doen en haar stryd met borskanker. Sy is ook baie privaat, wat haar selfs meer interessant maak.

© Alamy

Bly ingeskakel op kykNET, kanaal 144 om meer van Marciel te sien op Bravo! Jy kan ook inhaal met Boer soek ‘n vrou op Showmax voor seisoen 16 later vanjaar op die kassie gaan wees.