Logo

Vermouth-gemarineerde vis

19 Oktober

4 Porsies

Seekos

1

Probeer gerus dié resep vir Vermouth-gemarineerde vis, wat tydens ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei is.

EVN-2-Vermouth-Vis-1
Bestanddele

30 ml Vermouth

250 g rou beet

1 k witsuiker

1 k growwe seesout

500 g stokvis-filet

½ k pietersielie

1 e peper

Metode
  1. Plaas al die bestanddele behalwe die vis in 'n bak en meng.
  2. Plaas 'n strook kleeffilm op die bodem van 'n geskikte bak of houer.
  3. Bedek met helfte van die beetmengsel in 'n eweredige laag, 1-2 cm dik.
  4. Plaas die vis bo-op en bedek met die res van die mengsel.
  5. Draai deeglik toe met 'n paar lae kleeffilm.
  6. Soos wat die beet vog verloor, sal vloeistof deur die plastiek begin lek, maak dus seker die houer het 'n rand.
  7. Plaas swaar voorwerp(e), soos twee pakke botter of 'n pak suiker, bo-op die vis en hou in die yskas vir 2-3 ure.
  8. Draai om na 'n uur of 90 minute.
  9. Verwyder die plastiek en soutmengsel en vryf skoon met kombuispapier.
  10. Sny die vis in baie dun repies.Bedien met olyfolie, brood, mosterd en kappertjies, of na gelang van smaak.
EVN-2-Preie-en-Mosterd-1
Edik van Nantes Kie About
2016-10-19

Preie met mosterd-vinaigrette

Gewildste Resepte