Logo

Riviervisbredie

27 September

4 – 6 porsies

Seekos

Hierdie resep is tydens ’n episode van Edik van Nantes – Winter voorberei. Probeer dit self!

EVN-Matelote
Bestanddele

400 g preie gekap

12 salotte gehalveer

600 ml witwyn

1,2 kg varswatervis in skywe gesny (met vel)

3 e meel

60 g botter

bouquet garni (1 lourierblaar en 5 takkies tiemie)

4 e pietersielie gekap

3 e crème fraîche

sout en peper na smaak

Metode
  1. Sout die vis liggies aan beide kante en hou eenkant.
  2. Smelt 40 g botter in pot.
  3. Voeg salotte en preie by en braai vir 6 minute.
  4. Voeg meel by, roer en braai vir 2 minute.
  5. Voeg wyn en bouquet garni by, verhoog hitte en kook 5 minute.
  6. Plaas vis in die pot, bedek met sous, plaas deksel op en kook vir 6 minute.
  7. Verwyder vis en plaas in opdienbak, hou warm.
  8. Voeg crème fraîche, pietersielie en peper by die sous en roer.
  9. Skep sous oor vis en bedien met vars brood.
Koekedoortjie_varkies
Wicus se vet, soet broodvarkies
2018-05-23

Wicus se vet, soet broodvarkies

Gunsteling-resepte