Logo

Preie met mosterd-vinaigrette

19 Oktober

4 Porsies

Frans

3

Vinnig en maklik! Klik hier vir die resep vir preie met mosterd-vinaigrette, wat in ’n episode van Edik van Nantes 2 voorberei is.

EVN-2-Preie-en-Mosterd-1
Bestanddele

Mosterd-vinaigrette

1 suurlemoen

1 knoffelhuisie

½ t seesout

knippie witpeper

1 e Franse mosterd

1 e gewone jogurt

⅓ k olyfolie

1 e pietersielie

Preie

800 g groot preie

1 lourierblaar

5 takkies pietersielie

4 takkies tiemie

1 geelwortel

1 selderystingel

Metode

Preie

  1. Halveer preie in die lengte, gebruik net die ligte groen dele.
  2. Rangskik op die bodem van 'n groot pan.
  3. Voeg groente en kruie by.
  4. Bedek met water en laat prut tot sag, ongeveer 20 minute.
  5. Skep preie op opdienbord en skep vinaigrette oor.

 

Mosterd-vinaigrette

  1. Plaas suurlemoensap, knoffel en sout in mengbakkie, laat staan vir 'n paar minute.
  2. Voeg mosterd, jogurt en olie by en klits tot mengsel verdik.
  3. Roer peper en pietersielie by.
EVN-2-Vermouth-Vis-1
Edik van Nantes Kie About
2016-10-19

Vermouth-gemarineerde vis

Gewildste Resepte