Logo

Crêpes met preie en sampioene

25 Oktober

8 porsies

Frans

4

Soos gesien in die vierde episode van Terwyl ek wag

Crepes met preie – Terwyl ek wag
Bestanddele

Béchamel

40 g Botter

40 g Bruismeel

400 ml Melk

1 knippie Neutmuskaat

100 g Gruyere

Seesout

Swartpeper grofgemaal

1 eetlepel Pietersielie fyngekap

ekstra Pietersielie of vars dille

Crêpes

250 g Bruismeel

1 teelepel Sout

2 teelepels Suiker

3 Eiers geklits

2 eetlepels Druiwepitolie

500 ml Melk

1 eetlepel Brandewyn

ekstra Druiwepitolie vir braai

Preie en sampioene

4 Medium preie

200 g Bruin sampioene

3 eetlepels Druiwepitolie

Metode

Crêpes

  • Meng meel, sout en suiker saam, meng eiers en olie by
  • Klits melk en brandewyn by
  • Bedek en plaas in yskas vir 2 ure
  • Verhit ’n klein bietjie olie in ’n medium-grootte pan
  • Voeg 2 eetlpl deeg by pan, beweeg pan om hele bodem te bedek
  • Braai oor medium hitte vir ongeveer 1 minuut
  • Draai om vir ’n paar sekondes
  • Hou warm

Preie en sampioene

  • Sny preie in dun skyfies
  • Verhit olie en pan
  • Braai preie oor medium hitte vir 6 minute
  • Sny sampioene in skyfies en roer by preie,
  • braai tot sampioene gaar maar nog effens ferm is
  • Verwyder van hitte en laat afkoel

Béchamel

  • Verhit botter en meel in kastrolletjie, roer oor medium hitte tot ’n gladde beslag vorm
  • Voeg 50 ml melk op ’n slag by en roer of klits deurentyd totdat al die melk gebruik is
  • Verwyder van hitte en roer neutmuskaat en kaas by
  • Geur met sout en peper, roer pietersielie by
  • Smeer sous oor middelste helfte van pannekoek, skep 1/8 van preie en sampioene bo-op, vou pannekoek toe
  • (Preie en sampioene kan ook eers by sous geroer word om so vulsel te vorm)
  • Garneer met vars kruie

Gewildste Resepte