Logo

Klaargegrilbroodjies

18 Oktober

Frans

4

Dié klaargegrilbroodjies is tydens ’n episode van Edik van Nantes 3 voorberei.

EVN_klaargegrilbroodjies
Bestanddele

3 knoffelbolle (heel)

2 e druiwepitolie

6 bruin sampioene (groot)

2 medium uie (dungesny)

6 vars tiemie (blaartjies van takkies)

1 e vars pietersielie (fyngekap)

seesout

swartpeper (grofgemaalde)

3 soetpepers (oor vlam of in oond gebraai, skil en saadjies verwyder, in repe gesny)

12 skyfies Gouda (dun)

36 jong spinasieblare

4 of 5 e blatjang

6 ciabatta of ander broodjies (vierkantig)

bakpapier

mooi lint, tou of plakkers

Metode
  1. Draai knoffelballe in foelie toe en bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 45 minute.
  2. Laat afkoel, sny koppe af en druk sagte binnekante uit in ’n bakkie.
  3. Verhit olie in pan, sny sampioene in dun skywe en braai met uie oor lae hitte tot sag.
  4. Geur liggies met sout en peper en roer tiemie en pietersielie by.
  5. Sny ciabatta horisontaal in helftes, indien snye te dik is, sny dunner of hol uit (ekstra brood kan later in ’n ander gereg gebruik word of gaan tuin toe vir die voëls).
  6. Smeer 6 onderste helftes van ciabatta met knoffel.
  7. Skep sampioenmengsel bo-op.
  8. Plaas repies soetpeper bo-op.
  9. Plaas skyfies kaas bo-op.
  10. Rangskik spinasieblare bo-op.
  11. Smeer boonste helftes ciabatta liggies met blatjang en plaas bo-op.
  12. Sny versigtig in lengte deur om 12 langwerpige toebroodjies te vorm.
  13. Draai toe met bakpapier en bind of plak.
  14. Rangskik op opdienbord.
EVN resep 2
Edik van Nantes Kie About
2017-10-11

Roomkaaspannekoekies met gebraaide vrugteslaai

Gewildste Resepte