Logo

Mymoena se denningvleis

01 Oktober

Lewer vier tot ses porsies

Frans

3

Mymoena se denningvleis is ’n heerlike herinnering aan jou grootword-dae. 

Mymoena_DENNINGVLEIS
Bestanddele

15 ml Kookolie

3 Groot uie in dun skywe gesny

3 Knoffelhuisies fyngekap

1 Brandrissie opgekap

8 Wonderpeperkorrels (All-spice)

1 kg Lamstjops, dunrib of boudvleis, in groterige stukke gesny, afgewas

15 ml Swartpeper

5 Lourierblare

10 - 30 ml Bruinsuiker

500 ml Water

5 ml Sout

20 ml Tamarynwater, bruin-asyn of suurlemoensap

Metode

Dis ’n ou Kaapse gereg wat jy maak as die grênd mense kom kuier. Alles gaan hier oor die sagte lamsvleis in ’n dik, blink, diepbruin sous. Jy soek die sous heerlik soeterig, met ’n sweempie suur en ’n sagte spesery-smaak. Niks anders moet ‘interfere’ nie, so ons eet dit net met geelrys of ‘mash’, net so, niks blatjang of slaai by nie.

 

  1. Verhit die olie oor matig-hoë hitte en voeg die uie, knoffel, rissie en wonderpeper by. Kook vir 5 minute, terwyl jy gereeld roer, tot die uie mooi bruin en deurskynend is. 
  2. Voeg die vleis, swartpeper en lourierblare by, en braai tot die vleis oraloor goed bruin is.
  3. Voeg die suiker by en net soos die vleis wil-wil begin vassit op die boom van die pan, voeg 250 ml water bietjie vir bietjie by en dan die sout. Roer goed en krap enige skraapsels liggies van die boom af.
  4. Sodra die vog verdamp het, hou aan roer tot die vleis weer bruin raak – voeg nóú die tamarynwater by. Plaas die deksel op en kook 3 minute op hoog, maar wees versigtig dat die vleis nie brand nie. Verminder die hitte na matig en voeg die orige 250 ml water by. Prut stadig tot sag, sowat 40 minute.
  5. Geur na smaak met sout en peper. Pas die soet-suur balans aan na smaak, óf met ’n bietjie suiker óf nog tamarynwater of asyn. Bedien saam met geelrys of mash.
Toks en Tjops Idees
Toks & Tjops Poster
2019-09-30

Gebraaide steak met bokmelkkaas

Gewildste Resepte