Logo

Oondgeroosterde skrophoender met borrie en sitrus

03 Januarie

Frans

5

Die geure en gerief van hierdie geroosterde hoender uit Sirocco sal jou voete onder jou uitslaan. Kospersoonlikheid Errieda du Toit het dié resep tydens ’n episode van Tyd met Aleit voorberei. Foto: Ian du Toit

Tyd met Aleit_Episode 1
Bestanddele

1 skrophoender (groot)

45 ml olyfolie

60 ml za’atar speserymengsel (aanwysings onder)

2 lemoene (fyngerasperde skil)

2 suurlemoene (fyngerasperde skil)

5 ml borrie

5 ml koljander (fyn)

5 ml seesoutvlokkies

swartpeper (varsgemaalde)

Maak jou eie za’atar só: 

30 ml sesamsaad (drooggerooster in ’n pan)

7,5 ml sumac (beskikbaar by deli’s en spesialiswinkels, of vervang met die skil van 1 suurlemoen)

20 ml tiemie (gedroog)

2,5 ml sout

Metode

1. Voorverhit die oond tot 220C. Plaas ’n vel bakpapier in die oondpan. Plaas die hoender bo-op.

2. In ’n bakkie meng die olyfolie, za’atar, fyngerasperde skil, borrie, fyn koljander en peper tot ’n pasta. Vryf die hoender in met die geurmengsel. Rooster die hoender sowat 90 minute (as dit te gou bruin raak, plaas ’n vel foelie lossies oor). Die hoender is reg as die vleissappe helder uitkom as jy die dikste deel van die dy met ’n toetspen steek. Laat rus 10 minute en sny die hoender op.

3. Bedien met die geurige vleissappe. 

Groot Ontbyt_11 Des
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2017-12-11

Klein lensieburgers

Gewildste Resepte