Logo

Franse uiesop

12 September

Frans

4

Dié heerlike groente uiesop is tydens ’n episode van Edik van Nantes – Winter voorberei. 

Nataniel_Franse uiesop
Bestanddele

800 g uie (gekap)

200 ml witwyn

1 l groente aftreksel

200 ml water

3 e meel

4 knoffelhuisies (gekap)

1 lourierblaar

6 snye baguette

120 g Gruyére (gerasper)

seesout

swartpeper (grofgemaalde)

100 g botter

Metode

1. Smelt die botter, voeg uie en knoffel by, karameliseer vir 20 minute.
2. In die tussentyd, kook die wyn, water en lourierblaar vir ongeveer 1 minuut in aparte kastrol.
3. Voeg die aftreksel by, bring tot kookpunt en verwyder van hitte.
4. Voeg die meel by die uie en kook vir 2 minute.
5. Voeg die aftreksel bietjie vir bietjie by die uiemengsel, roer tot dit verdik.
6. Laat dit prut vir 10 minute.
7. Plaas 20g kaas op elke sny brood en rooster tot goudbruin.
8. Skep die uiesop in bakkies en bedien met brood bo-op.
9. Geur met sout en peper.

EVN_Artisjokke
Edik van Nantes Kie About
22 August 2018

Jerusalem-artisjokke en groenboontjies